Page 1 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 1
LEEF VIR CHRISTUS MET HOOP
Wat beteken dit regtig om vir Christus te leef -
en dan boonop met hoop? In vandag se wêreld,
waar mense dikwels moed verloor, vasval in
vrees, of net van dag tot dag probeer oorleef,
klink dit dalk soos ’n mooi ideaal wat moeilik is
om aan vas te hou. Tog is dit juis in só ’n wêreld
dat hierdie oproep meer relevant as ooit is: leef
vir Christus… met hoop!
Om vir Christus te leef beteken dat jy Hom
eerste stel - in jou denke, keuses, verhoudings
en drome. Dit is nie net ’n Sondagoggend-
gewoonte nie, maar ’n daaglikse leefwyse. Jy
vra nie meer net: “Wat wil ek hê uit hierdie lewe
nie?” maar eerder: “Wat wil Christus deur my
doen?” Dis ’n lewe van oorgawe, van diens, van
groei in geloof en liefde. Dis om te leef met die
wete dat jy teen ’n duur prys gekoop is (deur
die kruis van Jesus) en dat jou lewe nie sinloos
of toevallig is nie, maar deel van God se groter
plan.