Page 38 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 38

IN PAS MET CHRISTUS

                         na  ʼn NUWE TOEKOMS



                               Om te kan dien

      Om te kan dien, klink al te veel na ʼn teenstrydigheid, gewoon omdat dit nie
      in ons koue klere sit nie. Mense dien nie van nature nie. As dit nie vir Chris-
      tus was nie, sou die strewe om te kan dien op absolute dwaasheid neerge-
      kom het. Waar mense is en was, waar hulle ook al gekom het, word dit deur
      net één strewe gekenmerk: om te kan heers. En wat het die mens nie alles
      al ingespan om hierdie heerssug te laat botvier nie. Sy kennis, sy beska-
      wing, sy geld, sy mag, sy afkoms, selfs die Bybel, is deur die mens al mis-
      bruik om ander mense aan hom te onderwerp, oor hulle te heers, hulle te
      dwing om hom te dien.
         Maar toe het God se goedheid, Jesus Christus, verskyn. Vir die eerste
      keer het Hy anders begin praat, anders gehandel. Hy het die heerssug, hier-
      die magshonger, hierdie magsvergrype, kom verbreek. Dit is Hy wat Markus
      10:42-45 kom uitspreek het. ʼn Mens moet hierdie verse liefs biddend lees:
      “Die Seun van die mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te
      dien.”
         Daarom het Hy Hom nie as koning laat kies nie, maar kom wys dat ware
      geluk in diens gevind word. Dit is wat Jesus toe gedoen het: Hy het die voe-
      te van die dissipels gewas. Later sou Hy dit nog radikaler doen: Hy het nie
      net met water gewas nie, maar met sy bloed.
         Dien jy reeds? Begin deur veral die Here te dien. Dien Hom met oorga-
      we, met entoesiasme. Maak jou lewe daarvan vol soos die Bybel daarvan
      vol is. Dien hom in jou godsdiens, maar dien Hom ook in jou daaglikse lewe.
         Beklee jy ʼn hoë pos? Beskik jy oor invloed? As christen mag jy daar
      wees as jy dien. Ja, jy moet ook heers, maar net in één opsig: oor jouself!
      As doodgewonde mense, en daar is baie van ons, sal ons saam ʼn groot
                                                 diens kan verrig.
                                                 Dit is nie ʼn bevel: jy móét dien
                                                 nie; dis ʼn toelating van die He-
                                                 re: jy mág dien. Dit is ʼn gawe
                                                 van die Heilige Gees; Hy stel
                                                 ons daartoe in staat. Ons kán
                                                 nou!
                                                          Seënwense,
                                                       Dawie Oosthuysen.

                                          38
   33   34   35   36   37   38   39   40