Page 39 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 39
’n LAASTE WOORDJIE — Elda Pretorius
Gee vir my ʼn geel blom
Ek lees nou die dag vir die eerste keer van die Internasionale Kleurdag. Die
aanvaarding van 'n wêreldwye dag van kleur is in 2008 voorgestel. In 2009
is die AIC (afkorting vir sy Franse naam, Association Internationale de la
Couleur) gestig met 21 Maart as die amptelike datum. Die datum is gekies
omdat dit rondom die Dag-en-nag-ewening is, wanneer die son direk op die
ewenaar skyn en die dag en nag ewe lank is oor die wêreld. Meer as 30 lan-
de se kleurorganisasies, asook lede was daarby betrokke. Dit is nou ʼn jaar-
likse geleentheid om kleur te vier.
Hoe is dit moontlik dat die mensdom kleur nou eers op internasionale
vlak wil vier met ʼn logo wat bestaan uit twee sirkels wat ʼn oog vorm, met 'n
gelyke helfte van reënboogkleur en swart wat lig en duisternis voorstel, dag
en nag. Die reënboog is beslis een van die mees ontsagwekkende en a-
semrowende wonderwerke van God. Hy het vir Noag gesê dat dit die teken
is van sy genade. (Gen 9:13) Vir ons beslis die simbool van sy genade,
goedheid en vergifnis.
Daar is wel ʼn wetenskap wat kyk na die gebruik en betekenis van kleure
en hoe dit lei tot simboliek wat daaraan gekoppel word. Sekere eienskappe
en betekenisse word aan kleure toegeken. So word geel beskryf as ʼn ophef-
fende en energieke kleur wat die gevoel van vreugde en blymoedigheid
skep. Geel dra by om die mens te laat ontspan, depressie teen te werk en
die optimistiese kant van die lewe te sien en te ontdek.
Waarom het supermarkte hul blomme-toonbank by die ingang? Selfs al
is dit net een, is daar meestal ʼn hele aantal geel blomme wat jou oog vang
en kyk maar as jy weer daar verbygaan, dan ontspan en glimlag jy vanself
en spontaan. En elke keer as ek daar verbygaan, dink ek as iemand weer
vra “wat kan vir jou gee?” sal ek sê: “gee vir my ʼn geel blom”.
Kleur word ook toegeken aan kulturele ge-
bruike, beweging en geestelike aktiwiteite en e-
mosionele belewenis. So spreek geel van emosi-
onele vreugde in sang en lofprysing van God.
Daarom sluit ek graag af met lied 182:2 uit die
Liedboek van die kerk, waarmee ek ons Hemelse
Vader loof en dank vir kleur in die lewe, veral vir
ʼn geel blom:
(Ek) wil, o Heer, U loof en eer.
(Ek) kniel en buig, aanbid en juig,
verlostes, hier vergader.
(EK) is verbly, van skuld bevry,
verbind aan U, ons Vader.
39