Page 36 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 36
WIE IS EK?
Ek is ʼn bedienaar
Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes,
maar dit is dieselfde Gees wat dit gee;
daar is 'n verskeidenheid van bedieninge,
maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee;
daar is 'n verskeidenheid van kragtige werkinge,
maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring.
1 Kor. 12:4-6 (1983-vertaling)
In die kerk is almal eintlik gelyk. Leraars is nie bo leke nie, en leiers
nie bo lidmate nie. Ons gawes verskil bloot en ons almal is in be-
diening (of is veronderstel om te wees) met dit wat die Here aan
ons toevertrou het. Sommige se bediening is prediking, maar ander
is bidders, musikante, tegnici of boekhouers. Almal is nodig – ook die
tee-makers en skoonmakers is onontbeerlik vir gemeente-wees.
Vergeet dus van ander mense en fokus op jou eie gawe.
Wat is dit?
Wat het die Here jou gegee om
Hom mee te dien?
Identifiseer dit, vra Hy wat vir ons die gawes gee,
die Heilige Gees om dit te salf maak ons vir diens gereed.
en te gebruik en begin om Lied 524 -
in SY krag daarmee te bedien.
Hemelse Vader, help my
om my gawes en kragte goed te verstaan.
Wys my dan die plek waar ek dit vir U moet gebruik.
Lei my en bekragtig my in die proses deur u Gees.
Dis heerlik om hierdie werk vir U te doen
want dit is wat ek KAN en WIL doen. Dit is ek op my beste.
Amen!
Jimi le Roux - Daaglikse Stilte
5128 WIE IS EK? #68 — 2024-02-14
info@jimileroux.com
Antwoorde vir Blokraaisel: Dwars: HERE Af: EK EN MY HUIS
36