Page 31 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 31
DIE KERKJAAR
Bybelsondag — 25 Augustus
Die Afrikaanse Bybel se geskiedenis
Mary Jones was ʼn dogtertjie in Wallis wat 6 jaar gespaar het en baie ver
gereis het om haar eie Bybel in die hande te kry. Dit het gelei tot die ont-
staan van die Bybelgenootskap wat Bybels wêreldwyd druk en versprei.
Dr. Arnoldus Pannevis het in 1872 ‘n pleidooi gelewer dat die Bybel in
Nederlands nie meer toeganklik is vir baie mense in Suid-Afrika nie, en dat
dit eerder in Afrikaans vertaal moet word. Maar baie mense was gekant
daarteen. Afrikaans was toe nog nie beskou as ʼn amptelike taal nie.
Hy het egter volgehou met die stryd en ʼn jaar later (1873) het CP
Hoogenhout die verhaal van Josef in Afrikaans vertaal. En vyf jaar later (in
1878) het Hoogenhout die eerste Bybelboek in Afrikaans vertaal, die evan-
gelie van Markus. Hierdie manuskrip is steeds in bewaring in die Nasionale
Biblioteek van Kaapstad.
In 1878 is die vertaling van die Bybel in Afrikaans uiteindelik begin, maar
dit het meer as 55 jare geneem. Ds. SJ du Toit wat daarmee begin het, en
jare daaraan gewerk het, het gesterf en het nooit die finale produk gesien
nie. ʼn Hele span medewerkers het egter die projek voortgesit.
Negentig jaar gelede in 1933 is die eerste volledige Afrikaanse Bybel
uitgegee. Op 27 Augustus 1933 is daar ʼn reuse vreugdevolle fees gehou in
Bloemfontein om die vertaling amptelik te verwelkom. Vyf duisend volwas-
senes het die oggend die erediens bygewoon en 5 000 kinders het in die
middag die erediens bygewoon om dit te vier. Vyftig jaar later, in 1983, het
daar ʼn hersiene uitgawe daarvan verskyn. Die tweede volledige Afrikaanse
vertaling was die 1983-vertaling van die Bybel. In 2008 is die eerste Afri-
kaanse Bybel vir Dowes uitgegee. Dit is slegs die tweede vertaling van die
Bybel ter wêreld wat spesifiek vir dowe mense vertaal is.
In 2020 verskyn toe ʼn nuwe Afrikaanse vertaling
in “vloeiende, idiomatiese Afrikaans.”
In Suid-Afrika praat 6.8 miljoen mense Afrikaans as huistaal.
Ons kan vandag feesvier en dankbaar wees
dat ons die Bybel in ons huistaal kan lees!
29 Mei 1933 — 1ste Arikaanse Bybel arriveer in Suid-Afrika.
https://www.wereldwyd.co.za/die-bybel-in-afrikaans/
31