Page 27 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 27

STUDENT vir JESUS


                         ʼn Boom geplant in Christus

         Ek is hierdie jaar bewus van hoe die seisoene verander. Een oomblik is
      dit somer, dan skielik waai die wind die blare van die bome af en as jy jou
      oë uitvee is ons in die hartjie van winter. Hierdie is nie net simboliek van die
      fisiese seisoene wat verander nie, maar herinner my aan ons lewe se sei-
      soene wat oornag kan verander. Dit kan een oomblik met ons goed gaan en
      die volgende oomblik sleg of selfs andersom. Ek besef ook dat ons geen
      beheer het oor die seisoene van ons lewe nie, en dat die Here die een is
      wat ons lewe en selfs die seisoene van ons lewe in Sy hande hou.
         In Psalm 1:2-3 staan daar dat die wat die Here se woord bestudeer, dit
      dag en nag oordink “is soos ʼn boom geplant langs waterstrome, wat vrugte
      dra op die regte tyd. Sy blare verwelk nie; in alles wat hy doen, is hy voor-
      spoedig.” Vir ʼn oomblik, stel jouself voor dat jy ʼn boom is en vra jouself af
      waar jou wortels geplant is. Is dit geplant in die hoop wat die wêreld gee?
      Of is dit geplant en gewortel in God alleen? Vat dan ʼn oomblik en gee die
      wortels, die veld en die fondasie van jou lewe oor aan die Here.
         As jou wortels diep in die Here geanker is, hoef jy nooit te vrees as die
      winde waai en storms kom en die seisoene van jou lewe skielik verander
      nie, want jy is geplant in die hand van die Here wat die wind en see met een
      woord laat bedaar.
         My wens vir jou vir die res van 2024 is om jou hele lewe weer aan God
      oor te gee en jou wortels dieper te laat groei in die fondasie van sy Woord
      en Wese. Meeste van alles is my wens dat die boom van jou lewe immer-
      groen sal wees en nie verwelk soos wat seisoene verander nie, maar net
      mooier en groter sal groei. Mag die boom van jou lewe skadu bied vir ander
      wat verbykom, mag dit ʼn baken wees vir die volgende generasie en mag dit
      meeste van alles die Here se heerlikheid vir ander weerspieël.
         Psalm 23 verduidelik dat as ons na die Here smag, soos ʼn boom geplant
      by ʼn waterstroom, sal ons oorvloed en totale vrede vind in die arms van sy
      Heilige Teenwoordigheid. Mag jy soos wat jy die wortels van jou lewe op-
      nuut in die Here se hand plaas
      in verwondering staan oor Sy
      wese wat jou alomteenwoordig
      omvou en jou immergroen laat
      skyn deur al die seisoene van          Liefde.
      jou lewe.                             Chrizaan
                                          27
   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32