Page 35 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 35

VOËLS VAN DIE BYBEL




                                         “Voëls van die hemel.”
                                        Kyk na die voëls van die hemel;
                                         hulle saai nie en hulle maai nie
                                    en hulle bring nie bymekaar in skure nie,
                                     en tog voed julle hemelse Vader hulle.
                                                     Mat 6:26

                                   So praat die 1933/53-vertaling van die By-
                                   bel in Afrikaans oor die voëls waarna Je-
                                   sus in die bergrede verwys.
          Daar is geen ander groep voëls waarby hierdie beskrywing so
     goed pas as die windswaels nie. Eende is voëls van die water. Fisan-
     te is voëls van die grond. Rooi-vinke is dikwels voëls van die riete.
     Maar windswaels is voëls van die hemel.
          ‘n Mens sien hulle in die lug waar hulle vlieg. Hulle gaan sit nie op
     ’n tak of ’n telefoondraad of op die grond nie. Die enigste plek waar
     hulle wel gaan sit, is hulle neste.
          Daar is windswaels wat buite hulle broeiseisoen maande lank in
     die lug leef. Hulle slaap selfs in swerms wat hoog, buite sig, in sirkels
     sweef.
          Hulle eet ook in die lug. Mikro-klein goggatjies wat in die lug rond-
     dryf of vlieg en wat te klein is vir ’n mens om van die grond af te sien.
     As jy opkyk na die windswaels wat rats deur die lug blits om hulle
     mae vol te kry, sien jy hulle jag, al sien jy nie wat hulle jag nie.
          En dit is die punt. As ’n mens opkyk na die blou lug sien jy nie dat
     daar kos is vir die windswaels nie. Maar dáár, daar waar ’n mens dit
     nie kan sien nie, daar voorsien die Vader ’n feesmaal vir die windswa-
     els.
              So eggo die skepping die boodskap van die Skepper.
                   So word Jesus se woorde ’n aanskouingsles.
               “Is julle nie baie meer werd as hulle nie?” vra Jesus.
              Vir gelowiges is dit ’n wonderlike boodskap van troos.
                   God sal sorg, al kan ons dit nie nou sien nie.
                         https://kerkbode.christians.co.za/
                         2017/02/27/voels-van-die-hemel/
                                          35
   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40