Page 39 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 39

DIE GELOOFSPAD

             Laat ons vashou aan die geloof wat ons bely.  Heb. 4:14

      Die jaar skop af met die tema Geloofsgroei en die riglyn om vas te
      hou aan die geloof wat ons bely. Wat bely ons?

       Elke Sondag is woorde op die bord nie meer nodig nie. Spontaan sê
      ons saam die Apostoliese Geloofsbelydenis op: Ek glo in God die
      Vader, die Skepper . . . vergewing van sondes ... . en ʼn ewige lewe.
      Al twaalf punte. Hieraan hou ons getrou vas soos ʼn tak aan die
      geloofsboom van ons lewe. Maar presies wat behels dit om in die
      geloof te groei? Geloof is geloof. Jy glo of jy glo nie. Jou geloof is nie
      eendag  groot en eendag  klein nie. Ja, jy glo of jy glo nie in God nie.

       Die werklikheid van die lewe is ongelukkig nie ʼn stabiele stilstaande
      boom nie. Dit is ʼn pad wat verander en uitdaag. Dit is ʼn pad wat jou
      mislei, laat twyfel en afdraai voorstel wanneer teëspoed jou tref,
      wanneer moed nodig is om te bly glo. Dit is ʼn geloofspad wat sê ‘stap
      met God’.
       Die pad saam met God is nie om soos Elon Musk in ʼn tegnologies
      gevorderde taxi te klim nie - sonder ʼn bestuurder en sonder ʼn hart. Jy
      ry nie ʼn geloofstaxi en sit met jou arms gevou nie. Jy stap die
      geloofspad saam met God terwyl jy meer van Hom leer en groei in
      jou vertroue en standvastig volhard in geloof.

         Mag die pad saam met God my help om soos Dawid te kan sê:

                    God het my voete op ʼn rotsbank laat staan,
                         my voetstappe vastigheid gegee.
                       Hy het ʼn nuwe lied in my mond gelê,
                               ʼn lofsang vir ons God.

                            Psalm 40:3&4 - Bybel 2020

                                   Elda Pretorius

                                          39
   34   35   36   37   38   39   40