Page 38 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 38
GELOOFSGROEI - WAT IS DIT?
ʼn Christenskrywer uit die dertigerjare, CS Lewis,
skryf teen die agtergrond van die Eerste
Wêreldoorlog oor die ‘waarom’-vrae van die lewe,
oor lyding en ook oor Christenwees. Sy boeke ver-
koop in hul miljoene, sy stories selfs verfilm. Op ʼn dag skryf hy oor
geloof vanuit ʼn ander hoek - gesien vanaf die duiwel se kant! Komies
beskryf hy ʼn sg. ‘briefwisseling’ waarin ʼn senior duiwel vir ʼn baie jong,
onervare duiweltjie bietjie raadgee, ‘mentor’. Die onervare outjie kry
as opdrag om ʼn jong bekeerling terug te draai, weg van sy nuwe
Christelike geloof af, terug na die ‘anderkant’. Hy word raad gegee
watter versoekings en krisisse in die geloof werk beter om verwarring
te saai met allerlei ekstras. Prettige leesstof, hoor. As jy die boek in
die hande kan kry, gaan lees dit: The Screwtape Letters.
Maar dis eintlik ʼn ander boek van Lewis wat aansluit by ons tema
hierbo, getiteld: Mere Christianity, oftewel - Gewone Christenskap.
Wat beteken dit om ʼn alledaagse GEWONE Christen te wees? Moet
ʼn mens strewe na MEER as net ʼn alledaagse geloof? Ons MOET tog
GROEI in die geloof, nie waar nie? - vorentoe beweeg? Of hoe?
Erger nog: hoe doen ons dit? Vra GELOOFSGROEI dalk dat ek
MEER moet... bid? ... of Bybellees? ... of vriendelik wees?... of my
geld gee vir een of ander projek?... Watter EKSTRAS kan mens by
hierdie lysie voeg? MEER wat? WAT MOET EK EKSTRA DOEN om
te GROEI in die geloof? Moet ek iets EKSTRA doen? Help my!
Die kernvraag is: is dit nodig om iets EKSTRA te doen? Is dit wat die
Here regtig van my vra, sodat ek ʼn volronde Christen kan word? Die
antwoord is: Nee, Geloof is geloof. God het alles klaar gedoen by die
kruis. Hy vra nie EKSTRAS sodat ons kan groei in die geloof nie -
die Here vra dat ek net elke dag as gewone Christen sal lewe,
met my gewone lewe - elke dag lewe, net soos ek is, lewe vir die
Here. Gewone Christenskap. Dit is GELOOFSGROEI.
Paulus help ons:
ʼn (Gelowige) van God bevorder sy geloof deur onberispelik
Godsvresend in kennis van die waarheid te lewe in die hoop op die
ewige lewe wat die Woord bekend gemaak het.
Titus 1:1&6
Groete van huis tot huis.
Piet Beukes
38