Page 37 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 37

Lees gerus die volledige verhaal in Genesis 8
      God het gedink aan Noag, sy familie en die diere saam met hom en
      die stortreëns teruggehou. Die ark het op die berg Ararat tot rus
      gekom. Die water het geleidelik verminder tot die toppe van die berge
      sigbaar geword het.

       Noag het die ark se luik oopgemaak, en 'n kraai losgelaat. Hy het
      net heen en weer bly vlieg. Later het Noag 'n duif losgelaat om te sien
      of die water verminder het. Daar was nog te veel water en die duif het
      teruggekom. Noag het sy hand uitgesteek, die duif gevang en in die
      ark teruggeneem. Na nog sewe dae is die duif weer losgelaat. Hy het
      laatmiddag teruggekeer met 'n vars olyfblaar in sy bek! Noag het
      geweet dat die water oor die aarde verminder het. Na sewe dae het
      hy die duif losgelaat, maar hy het nie weer teruggekom nie.

       Die water het geleidelik weggesak. Noag het die deksel van die ark
      verwyder en gesien dat die water weggedroog het en die grond was
      droog.
       God het toe vir Noag gesê om saam met sy vrou, sy seuns en hulle
      vrouens, asook al die diere en die voëls uit die ark uit te gaan. Die
      diere en voëls moet vry kan beweeg, vrugbaar wees en vermeerder.

       Noag het ʼn altaar vir die Here gebou en van die rein diere en voëls
      as brandoffers gebied. Toe die HERE die geurige offer ruik, het Hy in
      sy hart gesê Hy sal nooit weer die grond vervloek vanweë die mens
      nie, al neig die mens se hart van sy jeug af na wat boos is. Hy sal
      nooit weer alles wat lewe tref nie.
                       “Al die dae wat die aarde nog daar is,
                        sal saaityd en oestyd, koue en hitte,
                   somer en winter, dag en nag nie ophou nie.”
                                                                     Gen. 8:22
                                          37
   32   33   34   35   36   37   38   39   40