Page 32 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 32

DIE GOEIE STRYD


                                 1 Timoteus 6:12-16

      Dit het in hierdie brief telkens om stryd gegaan. Daar was allerlei
      wysneuse in die gemeente doenig. Moeilikheidsoekers en moeilik-
      heidmakers. Hulle het die Christelike geloof gesien as ʼn winsgewen-
      de bedryf. Van dié mense moes Timoteus hom weerhou. Maar dit
      beteken nie dat alle stryd daarmee uit die weg geruim was nie. Daar
      bly nog steeds “die goeie stryd” om te stry. Daar bly nog die stryd om
      regverdigheid, geloof, liefde, volharding, en sagmoedigheid. Paulus
      herinner die jong man daaraan dat hy positief gekies het om hierdie
      stryd te stry toe hy voor die gemeente gesê het dat hy ʼn Christen is.
       Daar is ʼn groot verskil tussen die soort stryd wat in die gemeente
      aan die gang was en die stryd waarvan Paulus hier praat. In die
      gemeentlike stryd gaan dit om beterweterigheid. Hier gaan dit om ʼn
      stryd om sagmoedigheid. Daar gaan dit om liefdeloosheid, maar hier
      om die liefde self. Daar gaan dit om ʼn stryd ter wille van die aansien.
      Hier gaan dit om ʼn stryd teen die aansien. Terwyl die twissoekers in
      die gemeente hulleself en hulle eie wins nagestreef het, het hierdie
      stryd God en die wins van vergenoegdheid in gedagte.
       Kortom, die stryd waarom dit hier gaan, is die stryd teen jouself. Jy
      stry nie teen iemand anders nie, maar teen jouself. En as jy dié stryd
      nie positief stry nie, sal daar geen plek wees vir die regverdigheid en
      die geloof en die liefde en die volharding en die sagmoedigheid nie.
      Tussen jou en daardie Christelike kwaliteite staan alleen jyself en dis
      jy self wat oorwin moet word. Hierdie stryd teen jouself is die goeie
      stryd waarvan Paulus praat. ʼn Goeie stryd wat perspektiewe na die
      toekoms open (6:14-16).
      Ferdinand Deist - Met God vandag
      17 September
      Lux Verbi:BM





                                          32
   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37