Page 29 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 29
DIE KERKKALENDER
Wikipedia verduidelik hoe ʼn kalender gegrond is op sterrekundige
verskynsels. Dit het deur baie fases gegaan, veral tot Julius Caesar
die kalender die verantwoordelikheid gemaak het van die geestelike
leierskap. Dit het gelei tot die Christelike kalender van vandag.
Vir die Christen is daar ook ander kalenders. In die Woord, veral in
die Ou Testament vind ons ʼn kalender gewoonlik gekoppel aan
feeste, veral van dankbaarheid en vreugde, dikwels gekoppel aan
oeste.
Verskeie gebeure van die Christelike geloof is in die kalender
gevestig. Dit gee ritme en patrone vir ʼn geestelike lewe van hoop en
aanbidding van God. Dié liturgiese kalender begin met die Advent-
siklus tot Kerstyd, deur Lydenstyd en Paasfees tot by Hemelvaart en
Pinkster met die uitstorting van die Heilige Gees. Koninkrykstyd volg
tot Sondag voor Advent - ʼn lang en stil tyd waarin ons die heerskap-
py van Christus vier en ons as kinders van God sy lig moet uitdra,
uitreik na ons medemens en omsien na die omgewing. ’n Tyd om
aktief God se liefde in die wêreld te leef en uit te dra.
NG Margate se gemeentekalender skep vir elke lid geleentheid tot
betrokkenheid. Behalwe vir die liturgiese kerkjaar en ’n program van
gemeente-aktiwiteite, is daarin verskeie ander geleenthede wat ons
as gemeente erken, ondersteun en herdenk en God kan loof en dank
vir sy genade en liefde en vra vir leiding.
In hierdie kwartaal is een dag uitgesonder as dag van gebed. Maak
dit ʼn persoonlike dag van gebed vir verootmoediging, van geloofs-
groei en betrokkenheid by die taak en werk van God se kerk: Die
funksie van dissipelskap, barmhartigheid, getuienis, gemeenskaps-
ontwikkeling en dienswerk.
Moenie traag wees in julle toewyding nie;
bly geesdriftig; hou vol om die Here te dien.
Romeine 12:11 - 2020
29