Page 34 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 34

GROEI DEUR DIE WAARHEID

          Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte
                         groei na Christus toe ...  (Ef. 4:15)
      Dit is ʼn heerlike en onoortreflike waarheid dat geloof in Jesus Christus
      jou van die sonde verlos. Dit is die uitgangspunt van die evangelie.
      Maar ons durf nooit vergeet nie dat, nadat jy Christus as persoonlike
      Verlosser en Saligmaker aangeneem het, die groeiproses in jou lewe
      moet begin.

       Indien jy die noodsaaklikheid van groei geringskat sal dit nie lank
      duur voordat jou geestelike ervaring skipbreuk ly op die stormsee van
      teleurstelling en wanhoop nie. Daar moet groei en ontwikkeling wees,
      anders sal jou geestelike lewe kwyn en sterf.
       Daar is soveel hulpmiddels wat God tot ons beskikking gestel het vir
      ons geestelike groei. Maar ons moet oppas dat die hulpmiddels nie
      doel op sigself word nie. Gemeenskap met gelowiges is noodsaaklik,
      maar gemeenskap wat nie in Christus gesentreer is nie, dien geen
      konstruktiewe doel nie.

       ʼn Studie van die Bybel sal ʼn bron van gedurige inspirasie en leiding
      wees, maar die doel moet altyd wees om die dissipel na Christus
      heen te wys en Hom te verheerlik. Goeie werke en barmhartigheids-
      diens aan minderbevoorregtes is ongetwyfeld vir God welbehaaglik,
      maar hulle is slegs die vrugte van ons kennis van Jesus Christus en
      kan nooit die plek inneem van ons geloof in Hom nie.

       Daar kan alleen geestelike groei wees as dit jou hoofdoel is om
      meer en meer die beeld van Christus te vertoon. Dit behoort die
      hartsbegeerte van elke Christendissipel te wees. So word jou gees-
      telike lewe meer as emosie en eis dit van jou, jou allerbeste vir sy
      Allerhoogste – die lewe wat Hy vir jou verlossing afgelê het.

                     My Here en Verlosser, laat u Heilige Gees
                     só van my besit neem, dat ek alleen maar
                            tot U verheerliking sal lewe.

      Solly Ozrovech  -  In die stilte van die môre
      CUM



                                          34
   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39