Page 35 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 35

LAAT ONS
                          VASHOU AAN DIE GELOOF

                                      Heb. 4:14

     As die Hebreërskrywer ons aanmoedig om vas te hou aan die geloof
     wat ons bely, dan moet ons dit sien in die konteks waarin dit voorkom.
     Hy bedoel nie dat ons tandeknersend, teen heug en meug in moet
     vaskloú aan ons geloof ten alle koste nie.

       Nee, hy sê:  “Terwýl ons dan nou ʼn groot Hoëpriester het wat deur
     die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God laat ons vashou
     aan die geloof wat ons bely.” En dan brei hy uit oor hierdie
     Hoëpriester, tewens vir die grootste deel van sy brief of preek!
       Wat doén ʼn priester, en veral ʼn hoëpriester? Hy tree vir ons in by
     God!  Hy stel ons saak voor God, Hy bid vir ons!

       En nou beklemtoon die skrywer dat hierdie spesifieke Hoëpriester
     nie ver verwyderd van ons af is nie.  Hy is één van ons: Hy verstaan
     ons. Hy het medelye met ons. Want Hy was immers net soos ons aan
     versoeking onderwerp (sonder om te sondig). Dít maak die “vashou
     aan die geloof” dus makliker. Tewens met hierdie vashouery is die
     fokus nie op óns nie, maar juis op Hóm in Wie ons glo!

       En net dít laat ons elke dag meer en meer groei in ons geloof. En dit
     laat ons groei in die waarheid dat Christus ons vreugde is! En maak
     dit jou nie ook bly nie?  Want die fokus is op Hom, op Christus. Ons
     hoef nie gedurig te spook om te probeer groei in ons geloof nie. Nee,
     ons kan ons net verwonder oor hoe groot ons Hoëpriester is en oor
     hoe naby Hy tog ook aan ons is. En ons groeiende verwondering is
     juis ons geloofsgroei!

     Lees gerus méér oor Hom in die Hebreër-“brief” in die kwartaal wat
     voorlê!

     Ds. Abrie van Wyk




                                          35
   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40