Page 36 - flipbook Korrels 1-2025 Somer uitgawe
P. 36

WIE IS EK?

                            Ek is ʼn loot in die wingerd

                     Ek is die egte druiwestok en my Vader is die landbouer.
       2  Elke loot aan My wat nie vrug dra nie, sny Hy weg; maar elkeen wat
                      vrug dra, snoei Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
                                                                    Joh. 15:1-2
                                                                 2020-vertaling


      Jesus was baie ingestel op die natuur en die lesse wat ons daaruit
      kan leer. Hier sê Hy dat ons soos lote aan ʼn wingerd is. Hý is die
      ware wingerdstok en sy Vader die landbouer. Wat is die taak van ʼn
      loot aan die wingerd? Jesus spel dit uit:


      ·    Die loot moet vrugdra. Jesus onderstreep dikwels die
           belangrikheid van vrugdra. Drá dan die Gees-vrug wat bewys
           dat God in jou werk: liefde, vrede, vreugde, geloof, geregtigheid,
           ens.


      ·    Die loot moet aan die wingerd bly. Dis immers die wingerd
           wat die loot sy krag gee. Leef na aan die Here!

      ·    Die loot moet gesnoei word. Laat die Here dus liefdevol in jou
           lewe snoei, dis vir ons beswil!


         Hemelse Vader, help my om inderdaad vir U vrug te dra. Help my
       om vir dié doel in Christus te bly, by Hom, na aan Hom, en help my
      om die snoeiskêr te verdra. Laat ek probeer verstaan wat dit is wat U
        in my lewe wil bereik, sodat ek met U in die proses kan saamwerk.
                                       Amen.


                                                                Daaglikse Stilte
                                                          info@jimileroux.com


                                          36
   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40