Page 26 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 26
STUDENT vir JESUS
Eer aan God vir die verlede en die toekoms
Ek sit vandag en kan nie glo dat dit byna die einde van Februarie van 2024
is nie. Ek dink aan waar ek was op dieselfde tyd ʼn paar jaar gelede in 2018,
2021, 2023 en elke ander jaar - hoe die lewe verander met elke jaar wat
verby gegaan het - sommige veranderinge was voorspelbaar, ander glad
nie.
Wanneer die lewe my onkant betrap het, was ek angstig en vol vrees. Ek
onthou veral hoe God wel in beheer was en selfs in die mees onvoorspelba-
re oomblikke was Sy oor reg om te luister en Sy hande reg om my te lei en
my op te tel. Dit herinner my aan die Woord wat sê: ―Moenie bang wees nie,
Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou,
Ek help jou, Ek hou jou vas, met My eie hand red Ek jou.‖ (Jesaja 41:10)
Soos wat jy dieper in 2024 instap, vra jouself twee vrae:
Wat vul my met vrees en kan ek elke aspek wat my met vrees vul
aan die Here oorhandig?
Hoe was die Here getrou in my verlede met vrese wat ek gehad het?
Dalk het jy nou vrese oor ʼn eksamen wat voorlê, ʼn familielid wat siek is,
of onseker oor ʼn verhouding. Gee dit volkome oor aan die Here, kyk vlugtig
terug en onthou hoe die Here jou deur die verlede gedra het. Stap dan met
selfvertroue die toekoms in met die wete dat die Here alreeds vooruit ge-
gaan het. Die pad is vir jou voorberei. Sê saam met die psalmis: ―Ek, ek sal
gedurigdeur bly hoop, al U lof steeds meer besing . . . getuig van die verlos-
singsdade van my Heer.‖ (Psalm 71:14-16)
Lauren Daigle het ʼn musiek video: ―Rescue‖. Dit is verfilm waar sy as ʼn
enkeling alleen in ʼn groot dorre land stap. Die kontras is opvallend: die don-
ker en die lewe, vrees en geloof. Die woorde is: ―You are not hidden, there
has never been a moment when you were forgotten. I hear your SOS. I will
send out an army to find you in the middle of the darkness. Night is true, but
I will rescue you.‖ Pragtige vertroostende woorde.
Mag jy vandag in die dorre land van jou vrese en onsekerheid, elkeen
van hulle aan die Here oorlaat. Mag jy rus vind in die
wete dat Hy vir jou veg en alreeds vooruit gegaan het.
Maak die keuse vandag, en elke dag,
om die wil van die Here te kies
en jou lewe in oorgawe in Sy veilige hande te los
vir die res van die jaar wat voorlê.
Liefde. Chrizaan.
26