Page 29 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 29

GOUE WOORDE & GEDAGTES












                            Aan U, o God,


                         my dankgesange

                       Aan U, o God , my dankgesange -
                       U wil ek in my aandlied prys!
                       Al kwyn die sonlig teen die hange,
                       U lig, my Lig, sal hoër rys,
                       U lig, my Lig, sal hoër rys.
                       U lig, my Lig, sal hoër rys.

                       U het my met u guns versadig
                       en as ʼn vader my beskerm;
                       met seëninge, so milddadig,
                       U dag en nag oor my ontferm,
                       U dag en nag oor my ontferm,
                       U dag en nag oor my ontferm.

                       Ek weet aan wie‘k my toevertrou het,
                       al wissel dan ook dag en nag;
                       ek ken die  Rots op wie‘k gebou het,
                       van wie ek al my heil verwag,

                       van wie ek al my heil verwag,
                       van wie ek al my heil verwag.


                                    Lied 563:1-3
                               Liedboek van die kerk







                                          29
   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34