Page 30 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 30
DIE KERKJAAR
Christus se hemelvaart
Die genade van Christus
se hemelvaart laat my waarlik lewe.
Christus is ons Voorspraak
in die hemel:
Hy tree vir ons by sy Vader in.
Ek lewe onder Christus se gebed – en dit is ware lewe! Hierdie is ‘n
aangrypende waarheid: Christus, my Verlosser bid vir my in die he-
mel. Hy noem my naam vir sy Vader. Dit gebeur in die hemel. Dit is
onbeskryflike genade. Leef dan deur die Heilige Gees met ‘n dankba-
re en geruste hart onder Christus se sorg, terwyl Hy vir jou by sy Va-
der intree.
Hy is as mens in die hemel:
Hy is ons waarborg dat Hy ons na Hom toe sal neem.
Christus ons Verlosser is besig om vir ons plek te berei in sy Vader se
hemelwoning. Hy kom weer terug om ons na Hom toe te neem, sodat
ons sal wees waar Hy is. Ek leef dus met die sekerheid van my eie
hemelvaart – en dit is ware lewe! Lewe jy met sekerheid en verlange
na jou hemelvaart?
Hy het sy Gees na ons gestuur,
deur Wie ons soek wat daarbo is:
Die ewige skat in die hemel en nie die skat hier op aarde nie
– en dit is ware lewe!
Ons kan maklik deur die huidige tydsgees beïnvloed word waar men-
se skatte op aarde bymekaar maak. Die vraag is of jy teen die tyds-
gees veg en lewe vir die dinge daarbo waar Christus is. Lewe deur
die Heilige Gees vir Christus wat na die hemel opgevaar het en aan
sy Vader se regterhand sit. Dit is ware lewe!
Hierdie artikel is ‘n verwerking van ‘n preek
van ds. Johan Nel van die Gereformeerde Kerk Akasia.
https://www.kruispad.net/christus-se-hemelvaart-moet-jou-in-
verwondering-laat-lewe/
30