Page 35 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 35

Dank God vir Sy genade!

                       Die tema vir die tweede kwartaal,  is:
                             ―Dank God vir sy Genade.‖

                            Ons temateks is 2 Kor. 9:5:
                   ―Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe.‖

      Genade en Gawe is sinoniem. ʼn Gawe is ʼn geskenk. ʼn Geskenk is
      iets wat jy verniet kry: Jy het dit nie verdien nie. Die teenpool van ge-
      nade is meriete.
         Dit is een van die grootste probleme in ons geloofslewe. Om finaal
      weg te kom van hierdie diëet waarmee ons groot geword het, soveel
      so dat dit in ons DNS gaan vassit het: ―Jy moet ʼn soet kindjie wees‖.
      Die kern daarvan is meriete. Ons voel meer of minder aanvaarbaar by
      God op grond van, of by gebrek aan, meriete. Ons voel nooit goed
      genoeg vir die Here nie en dat ons altyd moet probeer verbeter! Nee!
      1000 maal nee! Daardeur trek ons ʼn streep deur genade!
             Dit is één van die drie kernstellings van die Reformasie:
                           Genade alleen!  ―Sola Gratia‖.

         ―Alleen‖ beteken daar is geen ―plus‖ daarby nie! Ons probeer ale-
      wig ―plusse‖ bysit!  As ons ʼn minus of ʼn klomp daarvan het, dan voel
      ons: ―Ons maak dit nie!‖  Nee, daar is net een enkele uitgangspunt:
      ―Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe.‖
         Kyk bietjie na die verband van hierdie teks!  Paulus skryf aan die
      Korinthiërs oor die hulpverlening aan die gelowiges in Judea wat hulle
      onderneem het. Hy stuur broers na hulle om dit te gaan haal. Sy le-
      sers se vrygewigheid word vir ander mense ʼn spieël van God se vry-
      gewigheid, van sy ..... genade! Dit is wat genade is: Vrygewigheid.
      God géé vryelik en oorvloedig, sonder dat ek en jy ʼn snars daarvan
      verdien het!
         Jy sien, genade,  égte genade, veránder jou: Jy hoef jousélf nie te
      verander (verbeter) nie. Maar genade laat jou trek op jou Vader, dit
      maak jou soos wat God is! Dit is hoe die Korinthiërs se vrygewigheid
      mense daartoe bring om God te loof vir sy onuitspreeklike gawe.
      (genade)
                            Trek jý al op jou hemelse Pa?

                                 Ds. Abrie van Wyk
                                          35
   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40