Page 36 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 36

WIE IS EK?




                                Ek is ʼn bidder


                                 Volhard in gebed.
                           Wees waaksaam en dankbaar
                                     as julle bid.
                           Bid terselfdertyd ook vir ons.
                            Kol. 4:2-3a (2020-vertaling)

             Gebed is die wonderlike voorreg van elke kind van God.
            Enige tyd, op enige plek, kan jy jou Vader in gebed nader.
            Gebed is ons toevlug, ons hulp, ons rigting, ons krag.
        Ons  uitdaging  is egter  om  beter bidders  te word.  Ons  kan  by-
        voorbeeld leer, soos Paulus sê, om aan te hou bid vir ʼn saak,
        om altyd gereed te wees om te bid, om elke dag dankie te sê, en
        om nie net vir onsself te bid nie, maar ook vir ander in te tree.
                      Moet tog nie vergeet van gebed nie!
                         Bid deur jou dag, net waar jy is,
                         maar vind ook ’n plek en ’n tyd
                  waar jy gereeld met jou Vader kan ontmoet.
                                Ja, watter voorreg!
          Hemelse  Vader,  dankie  vir  die  voorreg  van  ʼn  lewende  en
          kragtige  verhouding  met  U.  Dankie  dat  daar  kommunikasie
          tussen ons en U kan wees, lewegewende gesprek.
                    Ek wil meer bid, Here – help my daarmee!
                                       Amen.

                                                            Jimi le Roux

                                                          Daaglikse Stilte
                                                       info@jimileroux.com

                                                       5115 WIE IS EK? #55
                                                           —  2024-01-26


                                          36
   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40