Page 33 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 33
Bring aan God die dank
Psalm 110:97 -112
Here, die dinge wat ek vir U sê, is offers wat ek graag vir U bring.
U moet dit asseblief aanvaar en U moet vir my leer
om te verstaan wat U besluit.
Psalm 119:108, Die Bybel vir almal
Max Rössler het gesê: ―Hoe belangrik en bepalend die hede ook al
is, die rykdom van ʼn rype persoonlikheid lê daarin dat ʼn mens die
verlede nie vergeet, nie, maar dit in herinnering bewaar. Wie dank-
baar die verlede gedenk, kyk vol hoop na die toekoms.‖ Dankbaar-
heid is juis moontlik omdat mense kan terugdink.
Omdat dinge in hulle lewens gebeur het wat veroorsaak het
dat hulle nou, in die hede,
God hulle dank wil aanbied soos die skrywer van Psalm 119.
Ons behoort die Here ons dank te bring vir sy goedheid in die ver-
lede. Ons moet dankbaar terugkyk op wat verby is, want die onder-
vinding van God se versorgende liefde in die verlede leer ons dat
God vir ons in die toekoms ook sal sorg.
Ongelukkig kom dankbaarheid byna nooit vanself nie. Dit word
deur die jare gevorm. Hoe ouer jy word, hoe dankbaarder behoort jy
te leef, omdat daar al hoe meer dinge in jou lewe is om voor dank-
baar te wees. Jy ontmoet al hoe meer mense vir wie jy die Here kan
dank.
Kyk ʼn bietjie terug oor jou lewe. Dink aan al jou kosbare herinne-
ringe. Onthou al die kere wat die Here jou gebede verhoor het en jou
dankbaarheid waardig was.
Here, neem asseblief vandag my dank aan vir al die genade wat U
deur die jare my bewys het. Dankie vir kosbare herinneringe. Vir
mense wat vir my die lewe mooi gemaak het. Vir al die kere wat U
my gebede verhoor en my gehelp het.
Amen.
Nina Smit, Oorvloedige Liefde, 30 Junie
SCM
33