Page 37 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 37
VOËLS IN DIE BYBEL
Die krag van 'n arend
Die Here is die ewige God, Skepper van die
hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie
afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. Hy gee
die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan
nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat
, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op
die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvler-
ke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak
nie afgemat nie. Jesaja 40:28b-31
Hierdie pragtige poëtiese verse van die profeet Jesaja is seker van die be-
kendste tekste in die Bybel. Die beeld van die arend wat sorgeloos hoog bo
rotsagtige bergklowe die lug klief met al die sorge van die wêreld daar ver
onder, het my nog altyd vreeslik beïndruk. Arende is nie net grasieus nie.
Hulle is ongelooflik sterk en vasberade.
Toe hierdie woorde geskryf is, was die volk van God in ballingskap. Hul-
le het voortdurend nuwe uitdagings gehad om te oorkom en dit het tot angs
en wanhoop aanleiding gegee. Hulle was moedeloos en sonder hoop en dit
het gelyk asof God hulle verwerp en vergeet het.
Miskien voel jy vandag so. Die Bybel beantwoord ons vrae oor sonde
en ellende deur ons na die ewige God te verwys. In reaksie op ons proble-
me, herinner die Bybel ons aan iets wat ons dikwels vergeet wanneer die
lewe verskriklik moeilik raak: die ewige getrouheid van God wat volkome in
Jesus aan ons geopenbaar word. Die profeet verseker ons dat ons God die
wêreld wat Hy geskep het, nooit sal vergeet nie.
Die Christelike geloof ontken nie die werklikheid van ons vermoeidheid
nie, maar dit gee ons hoop. God wil dat ons almal ‗hoog vlieg‘ - gevul met
hoop – nou en vir ewig. Saam met God wat nie moeg word nie, is die lewe
nooit sonder hoop nie. Dit maak nie saak in watter situasie ons ons bevind
nie, ons kan hoop hê en die Gees van God verseker ons dat die beloftes
van die Here altyd waar is.
Gebed: Here, so dikwels word ons moeg. Skenk aan ons die krag en
vasberadenheid om hoog soos arende te vlieg, opgelig deur u Gees. Skenk
aan die vermoeides krag en help ons om ons hoop op U alleen te vestig.
Amen
Xanthe Hancox
https://versndag.co.za/index.php - 3 Oktober 2018
37