Page 34 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 34

Illustrasies van die lewe vir die lewe


                               ʼn Glimlag en ʼn gawe.
      Ons het op ʼn aand uitgegaan en vier straatmense teëgekom. Een van hulle
      was in die aller verskriklikste toestand. Ek het vir die susters gesê dat hulle
      vir die ander moet sorg; ek sou sorg vir die een wat die ergste daaraan toe
      was. Ek het alles in my vermoë vir haar gedoen. Ek het haar in ʼn bed gesit
      en daar was ʼn hemelse glimlag op haar gesig. Sy het my hand in hare ge-
      neem en net ―dankie‖ gesê, toe sterf sy.
      Ek kon nie help om net daar my gewete te ondersoek nie. Wat sou ek gesê
      het as ek in haar plek was? My antwoord was baie eenvoudig. Ek sou pro-
      beer het om aandag na my toe te trek. Ek sou gesê het: ―ek is honger, ek
      het pyn, ek is besig om te sterf,‖ of so iets, maar sy het baie meer aan my
      gegee: sy het aan my haar dankbare liefde gegee. En sy het gesterf met ʼn
      glimlag op haar gesig.
                    Dankbaarheid skep ʼn glimlag en word ʼn gawe.
                                                                Moeder Theresa
                              Kinderlike dankbaarheid

               ʼn Klein dogtertjie het gesê: ―Pappa, ek gaan die sterre tel.‖
              ―Goed,‖ sê die pa, ―doen dit gerus.‖ Sy het getel: ―223, 224,
               o wêreld, ek het nie geweet dat daar so baie sterre is nie!‖

         Ek sê somtyds in my siel: ―Meester, ek gaan nou u genadegawes tel.‖
                    Maar spoedig moet ek sug, nie uit droefheid nie,
              maar oorlaai met soveel dankbaarheid dat ek vir myself sê:
                   ―Ek het geen idee gehad dat daar so baie is nie.‖

                                                               Mark Guy Pearse
                             Redes vir dankbaarheid
      Die enkele sin wat my lewe die meeste beïnvloed het, is: ―Sommige mense
      kla omdat God dorings tussen rose geplaas het; terwyl hulle God eerder
      moet dank omdat Hy rose tussen dorings geplaas het.‖
      Ek was nog maar ʼn klein seuntjie toe ek dit gelees het, maar sedert daardie
      dag het dit die voorkamer van my lewe in besit geneem en aan my ʼn opti-
      mistiese gees verskaf.
                                                              Benjamin Franklin
                 Solly Ozrovech – Illustrasies van die lewe vir die lewe
                                         CUM

                               Antwoorde vir Blokraaisel
                           DWARS:  JONA     AF:   DANKBAAR
                                          34
   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39