Page 21 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 21

Barmhartigheidsbediening

      In die lig van die feit dat  die somer uitgawe van Korrels net ons bele-
      wenis oor vyftig jaar weergegee het, begin ek vandag by die einde
      van 2023.
        Dit was ‘n vreugdevolle belewenis toe ons Desember kospakkies
      aflewer en die verbasing en dankbaarheid op mense se gesigte sien.
      Dankie vir al die verrassings wat ons kon insluit.  Dit is nou sonder om
      te praat van ons kinders se vreugde en blydskap tydens die jaarlikse
      Kersboompartytjie.  As ʼn bonus was daar ʼn wonderlike  en indruk-
      wekkende vertoning van verskeie soorte honde wat grasieus deur hul
      toertjies gaan.  Daarna kon die kinders die diere vashou en troetel.
      Hul belewenis daarvan het werklik trane in ons oë gebring.
        Hierna was die uitdeel van verskeie eet- en drinkgoed, asook die
      geskenkpakkies aan ons kinders en ouers, beslis ‘n groot hoogtepunt.
      Traantjies het vryelik gevloei onder oud en jonk.  Soveel vreugde en
      geluk kan nie in woorde vasgevang word nie. Voorwaar ‘n wonderlike
      en geseënde dag.
        Ons was bevoorreg om hierdie geleentheid te kon bywoon en er-
      vaar.  Dit sou nie kon plaasvind as dit nie vir die wonderlike bydrae
      van ons gemeentelede, die kerkraad en ons fantastiese komitee was
      nie.
        Baie dankie aan elkeen wat ʼn bydrae gemaak het.  Mag 2024 nog
      meer geseënd wees as wat ons in die verlede beleef het. Dit is van-
      jaar ons Jubeljaar. Kom ons leef steeds tot eer van God wat ons ge-
      leer het om te gee. Laat ons daaroor jubel in dankbaarheid vir sy ge-
      nade.
                            Seënwense.       Giel Minnie.

                                Oorvloedige gawe

                Almagtige en ewige God, wat altyd meer bereid is
                       om te luister as wat ons is om te bid,
               en wat altyd meer gee as wat ons begeer of verdien:
                U vergewe ons al die dinge wat ons gewete vrees,
         en gee ons al die goeie dinge wat ons nie werd is om te vra nie,
         behalwe deur die verdienste en bemiddeling van Jesus Christus,
                                 u Seun, ons Here.
                                        Amen

                                          21
   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26