Page 16 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 16

Gebedsbediening


                                                         Dank God
                                                       vir Sy Genade


                                                   Iemand het lank gelede
                                              vir my gesê dat ʼn Christen ʼn
                                    dankbare mens is. Vandag besef ek dat
                          dankbaarheid ʼn keuse is. God is ʼn God van
                 genade. Besef ons waarlik die omvang en grootheid van
       God se genade? Hy wat ons liefhet met ʼn ewige liefde. Hy wat ons
       weer en weer vergeef en elke keer optel as ons geval het en dan
       veilig koester teen sy bors.

          Ons dank God dat Hy vir ons sorg soos Hy vir die mossie sorg.
       Niemand kan twyfel oor hoe goed God regtig is nie. Sy goedheid
       kan nie ten volle beskryf word nie. Hy loop oor van goedheid en
       guns.
          Kom ons leef in dankbaarheid oor die feit dat Hy ons elkeen per-
       soonlik op ons naam geroep het en dat ons aan Hom mag behoort.
       Dank Hom dat Hy ons uit genade gered het deur Jesus Christus.
       Kom ons neem die redding wat Hy bring met dankbaarheid aan.

          Kom ons dank ons genadige God dat Hy ons elkeen met ʼn doel
       gevorm het in die moederskoot. Kom ons dank ons Baken Van
       Hoop wat nie wil hê dat ons bang moet wees in hierdie onsekere
       tye waarin ons nou leef nie. Dankie vir die belofte van ʼn genadige
       God wat by ons en in ons is en wat ons deurdra deur elke beproe-
       wing. Ons loof en dank God wat ons veilige fondasie is.
          Ons bid in afhanklikheid van die Heilige Gees om ons te help om
       ook soos God genadig te wees teenoor ons medemens. Ook om
       mekaar te vergewe soos Hy weer en weer doen.

                                  Diedie  (Margate)
                                         en
                              Suzette  (Port Edward).

                                          16
   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21