Page 12 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 12
DIENSGROEPE & BEDIENINGE
VROUEDIENS
Die jaar 2024 het heel rustig begin tot die werklikheid toegeslaan
het en een-en-almal en selfs alles op ʼn drafstap geplaas is. Vroue-
diens het soos kranige spyseniers heerlike spys en drank (met
melk in) bedien vir Dr. Mike Heaney se verjaarsdag. Die Wêreld-
biddag vir Vroue het op 1 Maart gevolg. Vanjaar is dit gereël en
aangebied by Doxa gemeente in Margate om tienuur die oggend.
Toe volg die hoogtepunt van die jaar, die 50-jarige fees van die ge-
meente op 3 Maart. Met inisiatief, entoesiasme en opgewonden-
heid is ʼn baie besondere Bybelse ete gereël. Daar was baie wat
gehelp het en met die effektiwiteit van die vroue van die gemeente
is ʼn asemrowende belewenis daargestel. ʼn Atmosfeer van vreugde
en dankbaarheid is geskep deur keurige en indrukwekkende be-
planning en implementering.
Jennie Heaney - voorsitter
Jennie was 18 jaar alternatiewelik voorsitter of ondervoor-
sitter van Vrouediens. Sy het nou gevra vir vrystelling van
voorsitterskap. Annemie Oosthuysen het ingewillig om vir
een jaar tydelik waar te neem as voorsitter. Esther Steyn,
wat in Port Edward woon, is tans vise-voorsitter. Die af-
stand bemoeilik voorsitterskap vir haar.
Oggendgroep
Ons tema vir hierdie tydperk is: ―Dank God vir Sy genade.‖ Ons ken
almal die liedjie: ―Tel jou seëninge, tel hul een vir een.‖ Maar so
dikwels tel ons nie ons seëninge nie.
Hier by die Vrouediens beklemtoon ons die feit dat God ons seën
met sy liefde. Hy seën ons met lewe, familie, vriendinne en gesond-
heid.
Ons Oggendgroep gaan hierdie jaar gebruik om ons liefdadigheids-
projek te doen en sodoende iemand anders te seën met ons omgee
en liefde.
Kom ons leef met dankbaarheid vir al ons seëninge.
Susan Grobler - voorsitter.
12