Page 17 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 17

Naomi’s

      Dit was vir die Naomibediening baie lekker om dié jaar weg te spring
      met die kleingroepies wat bymekaar gekom het om te gesels oor alles
      wat gebeur het sedert ons Kers-afsluitingsete. Natuurlik was dit rond-
      om ʼn verversinkie of twee.

         Die groter groep moes met spoed die byeenkoms skuif as gevolg
      van ʼn rusteloosheid in die omgewing. Ons kan nie anders nie as om ʼn
        spesiale woord van dank te meld vir die hulp wat Lance, die koster,
      ons gebied het. Dit het ʼn heerlike byeenkoms uitgedraai. Hoewel par-
      ty nog nie heel op spoed was vir die nuwe jaar nie was daar ʼn mooi
      opkoms en die nuwelinge van verlede jaar, was weer daar. Sandy
      Gerntholtz, wat al amper oral op die planeet was,  het op haar gevatte
      manier vir ons in gemengde Engels en Afrikaans vertel van haar eer-
      ste besoek aan die bosveld. Selfs te midde van haar gebrekkige sig
      was die wonder van dit wat sy kon sien en die samesyn met ʼn gelowi-
      ge familie oor die Kerstyd, ʼn lewensverrykende ervaring. Selfs die
      ‗ontmoeting‘ met die werker se groot swart hoenderhaan, Joseph, en
      sy ‗vrou‘ Mary-Magdalene die wit hen, wat tien swart kuikens op Kers-
      dag uitgebroei het, was ʼn heerlike onthou-belewenis.

        By die ingang van die lapa op die plaas
             het hierdie boodskap gehang:

       Maak tyd om die wind in die gras te  hoor,
               en om in die reën te dans,
                    en vir altyd te glo
                die emmers vol genade
                     kom van BO!!

         Mag ons almal wat so baie alleen is,
                   genadiglik ʼn vreugdebelewenis in die hart hou
                              om te onthou en herleef
                       met dankbaarheid en met die wete dat
                ons nooit sonder ons hemelse Vader by ons is nie.

                             Elda Pretorius  – voorsitter
                                          17
   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22