Page 18 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 18

Getuienisdiens

                   Die kerk: God se verrassing aan die wêreld.
      Die skrywer Michael Frost het in ‘n stadium in sy boek: ―Surprise the
      world‖ ‘n aantal opmerkings gemaak oor die kerk as God se verrassing
      aan die wêreld.
      Frost stel voor dat die kerk of die gelowiges in die gemeente met
      ―questionable lives‖ moet leef, dit wil sê, die manier waarop ons leef moet
      verrassend wees, in so ‘n mate dat dit vrae ontlok –
                        Vandaar die titel: Surprise the World.
      Vyf basiese missionale geloofsgewoontes word aan die orde gestel en die
      skrywer wy ‘n hoofstuk aan elkeen van die gewoontes. Sy doel, volgens
      Frost, is ―… to equip believers to see themselves as ‗sent ones‘, to foster
      a series of missional habits that shape our lives and values, and to propel
      us into the world confidently and filled with hope.‖
             Die aangepaste gewoontes, soos reeds op bladsy 11 gegee,
                          word hier herhaal as versterking:
        Kies elke week iemand (ten minste van tyd tot tyd iemand buite die
      gemeente) en gaan uit jou pad om hulle te help of te ondersteun op ʼn kon-
      krete, tasbare manier.
        Kies elke week of eenkeer per maand nes die finansies dit toelaat, ie-
      mand (ten minste een buite die gemeente) en maak ‘n afspraak om saam
      met elkeen ‘n maaltyd te deel.
        Sit ten minste een blok tyd (‘n oggend, middag of aand) per week opsy
      om doelbewus te luister na die Heilige Gees om agter te kom waar God
      besig is in jou lewe of die gemeenskap.
        Leer by Jesus deur elke week ‘n blok tyd opsy te sit om die Evangelies
      te lees en te herlees, boeke oor Jesus te lees of te reflekteer oor Sondag
      se boodskap.
      Begin jouself identifiseer as gestuurde deur ‘n joernaal by te hou oor hoe
      en waar jy mense bewus gemaak het van God se koningsheerskappy
      deur wat jy gedoen of gesê het, en wat die waarneembare uitwerking
      daarvan was.
         Hierdie word geloofsgewoontes genoem want dit is iets wat herhaal
             word. Dit is ook nie rigiede reëls nie, maar leer mens om intensio-
             neel te leef en bewus te wees daarvan dat ons nie geroep is net
             om hemel toe te gaan nie, maar nou en hier aan die Here diens-
             baar te wees en so mense vir Jesus te wen.  Ons gemeente het ‘n
             aantal uitreikaksies soos in Angola en Nepal. Ons is egter ook ge-
             roep om te blom waar ons deur die Here geplant is en hier en nou
             ‘n verskil te maak.
                                 Dr. Mike Heaney
                                          18
   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23