Page 14 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 14
NG MARGATE FAMILIES
(Kinders, Tieners, Jong mense, Werkende mense & Ouers)
Ons dank God vir Sy gawe!
“Dit beteken dat God die wêreld met Hom versoen het
omdat mense aan Christus behoort.
Hy het die sonde wat mense gedoen het, nie gestraf nie.
En Hy het vir ons gesê ons moet vir mense vertel
dat God so vir hulle versoening gedoen het.”
(2 Kor. 5:19, ABA)
Sou ʼn mens ooit vir die Here genoeg kon dankie sê? Ek dink nie
so nie, maar ons kan daarop fokus om in dankbaarheid te leef.
Daarom is ons nuwe kwartaal op dankbaarheid gefokus.
Wanneer ons vir die Here dankie sê, sê ons dankie vir wat die
Here vir ons doen, maar ook vir wie die Here is. Ons weet dat God
se gawes aan ons gegee word, nie op grond van wie ons is nie,
maar van wie God is. Ons weet dat die Here kragtig is. God is Al-
magtig. God gee ook aan ons die gawe van krag om in alle om-
standighede aan te hou bid, te volhard en dankbaar te wees.
Daarom sê ons dankie vir die gawe van geloof. Ons weet dat dit
die Heilige Gees is wat aan ons die gawe gee om te glo. Niemand
het minder of meer geloof nie, want God het ons almal ewe lief. Dit
kan ons ook duidelik sien in God se wonderwerke. Jesus se won-
derwerke het vir ons kom wys hoe die koninkryk van God lyk. Ons
kan elke dag probeer om daardie waardes uit te leef. Wanneer
ons verstaan hoe diep God se liefde vir ons is, kan ons dan nie
anders as om God te loof nie.
14