Page 11 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 11
GELOOFSGEWOONTE
Geloofsgewoontes
wat die wêreld sal verras
Kies elke week iemand (ten minste van tyd tot tyd iemand buite
die gemeente) en gaan uit jou pad om hulle te help of te onder-
steun op ‘n konkrete, tasbare manier.
Kies elke week of eenkeer per maand, nes die finansies dit toe-
laat, iemand (ten minste een buite die gemeente) en maak ‘n
afspraak om saam met elkeen ‘n maaltyd te deel.
Sit ten minste een blok tyd (‘n oggend, middag of aand) per
week opsy om doelbewus te luister na die Heilige Gees om ag-
ter te kom waar God besig is in jou lewe of die gemeenskap.
Leer by Jesus deur elke week ‘n blok tyd opsy te sit om die
Evangelies te lees en te herlees, boeke oor Jesus te lees of te
reflekteer oor Sondag se boodskap.
Begin jouself identifiseer as gestuurde
deur ‘n joernaal by te hou oor hoe en waar jy
mense bewus gemaak het van God se koningsheerskappy
deur wat jy gedoen of gesê het,
en wat die waarneembare uitwerking daarvan was.
Dr. Mike Heaney
(Lees in Getuienisbediening meer hieroor.)
Eenvoud en vreugde
O Here Jesus help ons om ons lewe te lei in eenvoud en in vreugde,
die vreugde van die genadiges, die vreugde van broederliefde.
Help my om nooit weer daaraan te dink om terug te kyk nie,
en om met oneindige dankbaarheid,
nooit te vrees om dagbreek vooruit te loop nie,
om lof en eer te bring aan Christus die Here.
Uit die reël van Taizé
My klein gebedeboekie — Christian art gifts
11