Page 10 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 10

ONTMOET JOHAN RADEMEYER
                die nuwe WEBMEESTER




         Johan vertel:  ―Ek is in Zambië (Noord Rhodesië)  gebore en in 1960 het
      my ouers Suid Afrika, Pretoria, toe verhuis. Ek het skool gegaan in Pretoria
      en 'n paar jaar op Brits.  Na hoërskoolopleiding 24 maande weermag toe en
      vir een-en-twintig maande in die Caprivi streek grensdiens gedoen . Daarna
                                 paar maande in die staatsdiens gewerk en toe
                                 in bemarkingsdienste betrokke geraak.

                                      “Ek en Elmarie is in 1981 getroud. Ons het in
                                 Pretoria gewoon en einde 1982 Stellenbosch
                                 toe verhuis. Na ʼn paar jaar as restaurant-
                                 bestuurder in Stellenbosch is ek weer terug in
                                 bemarking as Finansiële Adviseur vir Bankorp in
                                 Bellville. Aan die einde van 1989 het ons na die
                                 Suidkus verhuis en ons in Uvongo gevestig. El-
                                 marie se ouers het in Empangeni gewoon en sy
                                 wou nader aan die familie wees.
                                    “In 1991 aanvaar ek ʼn pos as assistent-
                                 bestuur-der by 'n meubel-vervaardigingsfabriek
                                 in Margate. In 1998 bedank ek en raak betrokke
                                 in die IT-industrie. Ek het Margate.co.za web-
      werf gebou in 1999 - die www was nog in embriostadium. Vanaf die jaar
      2000 het ek web-, epos- en IT-dienste aan kliente gebied en hulle gediens
      vir meer as 20 jaar. Huidig is ek nog steeds betrokke met die www, maar op
      kleiner skaal.
          ―Aan die einde van 2016 het ons "Dodecagon Cabin" in die woud begin
      bou en Februarie 2017 ingetrek. Vanaf die voorste dek, 6 meter in die lug,
      het ons duikers, bosbokke, arende, valke, slange, spinnekoppe, ensovoorts
      as ons bure en is baie gelukkig in die natuur. Ons kweek bietjie waterblom-
      metjies en beoog om nog damme te bou en uit te brei. Onlangs het ek 'n
      werkswinkel onder my ‗cabin‘ gebou waar ek houtwerk doen en ʼn paar meu-
      belitems maak.
          ―Dr Mike het Elmarie gekontak en gevra of ek kan help om die kerk se
      ou webwerf te herwin nadat die vorige webmeester oorlede is. Ek het toe
      aangebied om 'n nuwe webwerf te bou en onderhou as my diens aan die
      gemeente.‖
                      Die nuwe webwerf:  ngkerk.margate.co.za

                                          10
   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15