Page 15 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 15

Daarom dank ons God ook vir die gawe van  lofprysing. Ons is

      dankbaar dat ons deur musiek ook met die Here kan praat. Ons weet
      ons leef in ʼn nabye verhouding met God. Niks kan ons van God se
      liefde skei nie. Dit gee ons die  moed om elke nuwe uitdaging aan te

      pak. Ons weet ook dat God ons beskerm, selfs in moeilike tye. God se
      wil sal geskied. Deur dit alles is ons baie dankbaar vir God se gawe

      van  genade. Ons is dankbaar dat God genadig is teenoor ons, maar
      ons is ook dankbaar dat God óns harte sag maak. Ons weet dat ons
      almal  kinders van God is, so gemaak deur Christus. Daarom kan ons

      met ons hele wese God loof en dank, want God het al hierdie gawes
      vir ons gegee!

                    Kom gesels hierdie kwartaal saam met ons
         in die Kinderkerk, Kompas Tienerbediening en die Belydenisklas
                    oor wat dit beteken om dankbaar te wees!

                                       Groete.
                                 Ds. Lerisa Meyer.






























                                          15
   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20