Page 19 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 19

Pro Deo

                             Met verlede jaar se Algemene Jaarvergadering,
                                   het ek Pro Deo Care Group vergelyk
                                          met ʼn groot stoomtrein
                                       wat nie gestop kan word nie.
                            Hierdie trein beweeg net vorentoe en vat al die
       passasiers  na  hulle  verskeie  bestemmings.    Die  trein  se  brandstof
       word  voorsien  deur  groot  opofferings,  deursettingsvermoë,  liefde  en
       gebede.
         God is die drywer van die trein. Ons bedien die broos en ouer pas-
       sasiers op hul reis. Ons help hulle opklim en afklim. Ons verwelkom
       hulle, gee hulle kos, sny hulle hare, doen hulle voete, kyk na hulle ge-
       sondheid  en hou hulle warm. Ons luister na hulle probleme en ver-
       troos hulle. Ons besoek hulle en sit ʼn dienswerker langs hulle as hul
       siek is. Ons bid saam met hulle. Die gevoel van warmte en dankbaar-
       heid omvou hulle. Op hierdie trein is God in beheer en ons kan net
       God dank vir sy genade.
         Jy moet regtig nie die trein verpas nie. Daar is plek vir almal en ont-
       hou om die rit te geniet!
         Ons  het  in  Februarie  begin  met  ons  gesondheidsklinieke  in  Port
       Edward (Henda Olivier), Margate (Lucia Groenewald), Anerley Haven
       Frail Care sentrum (Eloïse) en ook weer by Port Shepstone (Eloïse).
       Dit is hier waar die jongmense bo sestig jaar bederf word en heerlik
       saam met al ons Pro Deo-vrywilligers kan kuier.
         Die bystand by die kankerklinieke word nog steeds verskaf. Mary-
       Ann help by die klinieke.
         Ons jaarplan sluit ʼn fietstoer, gholfdag en ʼn besigheidsontbyt in. So
       tussendeur gaan ons ʼn paar vasvra-aande hou.
         Besoek ook Pro Deo se webwerf, www.prodeocare.org.za en ʼn Fa-
       cebook-blad, ―Pro Deo Care Group‖.  Daar word al ons aktiwiteite en
       foto‘s gedeel.

         Ons benodig asseblief vrywilligers wat hulle hulp en tyd kan gee by
       die gesondheidsklinieke.  ʼn  Bordjie eetgoed of hulp om koffie en tee
       te skink sal regtig baie help.
         Baie dankie aan NG Kerk Margate vir die gebruik van die Jeughuis
       en die stoorplek.
                             Vriendelike Pro Deo groete,
                                  Koos Groenewald
                                          19
   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24