Page 20 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 20

Kierieklub                             Koorklanke


      Die Kieries het die laaste kwartaal      Die koorlede sê baie dankie
      verlede jaar afgeskop met voor-          aan ons Hemelse Vader vir ʼn
      bereiding vir ʼn konsert. Daar is         geseënde jaar wat verby is.
      met groot entoesiasme geoefen.           Ons bid dat ons Here ons ook
      Die konsert was groot pret met           deur die nuwe jaar sal seën en
      musiek, sang en stoute skoolkin-         bewaar.
      ders wat nie wou luister nie.                 Dan vra ons ook of u nie
         Kieries doen niks sommer so           asseblief by ons wil kom aan-
      nie: Die jaareindfunksie is gehou        sluit nie. Ons het u nodig om
      by die imposante Brackenmoor             tot eer van God te sing. Ons
      Landgoed met ʼn spitbraai van vier        glo dat ons Vader u sal roep
      soorte vleis: bees, vark, hoender        om met u talent deel van die
      en skaap. Die bykosse en nage-           koor te word.
      reg was uitstekend en almal het
      dit geniet. Cecile het ʼn lied vir die         Die inligting verskyn in
      Kieries gekomponeer en vir hulle         die kerkkalender. Kontak ons
      gesing. Dit was baie spesiaal.           gerus.
      Werklik ʼn heerlike funksie en die               Al die dank en eer
      ywerige span het baie moeite ge-
      doen.                                    vir die genade van ons Vader.
         Die jaar 2024 is afgeskop met                     Groete.
      ʼn halfjaar-beplanningsvergade-
      ring en daarna is heerlike wors-                  Cecil Alberts.
      broodjies genuttig. Daar is opwin-                Namens Ada.
      dende projekte soos braai, mu-
      siek, speletjies en vele meer op
      die program.
         By die tweede byeenkoms in
      Januarie, het Lorina en Pieter ʼn
      DVD van Moses se lewe gewys.
      Dit was ʼn belewenis en almal het
      dit geniet.

            Kom en geniet Kieries
          saam met ons hierdie jaar.


                    Martjie Nel
                                          20
   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25