Page 13 - Korrels 2-2024 Herfs uitgawe
P. 13

Middaggroep

       Ons is ’n klein  groepie dames wat deel uitmaak van die Vrouediens.
         Elke tweede maand kom ons bymekaar op ‘n Donderdagmiddag
      aan huis van Lorina Hart in Uvongo, of soms by ander lede se huise.
         Ons poog om ons byeenkomste so informeel as moontlik te hou.
      Meer soos ʼn geselsgroep om ʼn tafel.

         Waar ons kan, probeer ons  saam om diensbaar te wees, veral
      met funksies soos die tee vir ʼn leraar se verjaarsdag, gemeente-etes,
      seniorburger-ontbyt en tans die 50-jarige fees, soos in Prediker 4:9
      staan:  Twee is beter as een.  Saam bereik hulle meer in hulle werk.
         Ons help ook  eenmaal per maand  om ‘n bydrae te lewer aan die
      voedselskema by Laerskool Suid-Natal.
         Ons doen moeite om die basiese vreugdes van ons daaglikse lewe
      met mekaar te deel. Ons deel dus  graag in mekaar se lief en leed.

         Hiermee dan ʼn hartlike uitnodiging aan alle dames in die gemeente
      wat deel wil word van hierdie groep om ons te kontak.

                               Lorina  Hart - voorsitter



                               Port Edwardgroep

         Met groot entoesiasme gaan ons 2024 binne. Ons beplannings-
      vergadering is reeds gehou. Ons padkafees gaan weer plaasvind
      hierdie jaar. Almal word uitgenooi om dit te kom bywoon.
         Hou die woordebord dop vir advertensies.
         Met harte vol van blydskap kan getuig word dat die bywoning van
      samekomste werklik elke keer groei.  Die mense geniet die gesel-
      skap en saamkuier rondom iets te ete wat aangebied word.
         Daar word ook 'n uitstappie beplan om meer te leer oor bye en die
      heuning wat hulle vir ons maak. Die gebruike van heuning se vele
      aspekte sal aan ons verduidelik word.
         Ons beplan 'n praktiese werksklas waar dames hulle kreatiwiteit
      kan kom uitleef. Kom kyk gerus en skakel sommer by ons vroue-
      diensgroep in. Ons is een groot familie waar ons die dames in totali-
      teit wil verryk.
                              Esther Steyn  - voorsitter.
                                          13
   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18