Page 10 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 10
GELOOFSGEWOONTE
Nadenke oor die dag wat verby is
Soms hardloop ons deur die lewe sonder om stil te staan en vir ’n oomblik
na te dink oor die dag wat verby is. Hierdie geloofsgewoonte van nadenke
of oefeninge kan help daarmee. Jy kan selfs net ’n paar minute aan die ein-
de van die dag aan een van die items hieronder wy en die volgende dag
weer aan die volgende een.
1. Erken die nabyheid van God: Hiervoor kan jy Ps. 46:11 gebruik
om jou rustig en gegrond te laat voel. “Bedaar en erken dat ek God is. Ek is
verhewe bo die nasies. Ek is verhewe bo die aarde. Jy kan ook net eenvou-
dig bid, “Here, help my om myself en hierdie dag deur U oë te sien.” As die
dag vir jou verwarrend voorkom - ’n warboel van gebeure - vra God om vir
jou duidelikheid en begrip te bring en ook enige moontlike weerstand wat jy
mag ervaar, te laat gaan. Vra God om lig te werp op die gebeure van die
dag. Wat wou die Here jou leer vandag?
2. Kyk terug op die dag met ’n gesindheid van dankbaarheid:
Dankbaarheid is die fondasie van ons verhouding met God. Stap deur jou
dag in die teenwoordigheid van God en let op die vreugdes en genotvolle
oomblikke. Fokus op die geskenke (gawes) van die dag. Kyk na die werk
wat jy gedoen het, die mense waarmee jy te doen gehad het. Wat het jy ont-
vang van hierdie mense? Wat het jy vir hulle gegee? Skenk aandag aan
klein goedjies - die kos wat jy geëet het, die goed wat jy gesien het, die an-
der oënskynlik klein vreugdes. God is in die detail.
3. Skenk aandag aan jou emosies: Reflekteer op die gevoelens wat
jy ervaar het gedurende die dag. Verveling? Ekstase? Verbitterdheid? Me-
delye? Woede? Selfversekerdheid? Wat sê God vir jou deur hierdie gevoe-
lens? Kan ’n gevoel van frustrasie beteken dat God wil hê jy moet dit oor-
weeg om ’n nuwe rigting in te slaan in ’n sekere area van jou lewe? Is jy be-
kommerd oor ’n vriend? Miskien kan jy op ’n manier na hom of haar uitreik.
4. Kyk vorentoe, met hoop na die dag van môre: Vra God om lig
te werp op die uitdagings van môre. Skenk aandag aan die gevoelens wat
opkom. Twyfel jy? Is jy buite jouself van opgewondenheid? Of dalk effe be-
kommerd? Laat hierdie gevoelens toe om ’n gebed te word. Soek God se
leiding. Vra Hom vir hulp en begrip. Bid vir die gawe om die absurditeit van
hoop, die gawe van genade en die belofte van ’n nuwe dag te verwag.
Dalk is jy nie gewoond daaraan om hierdie oefeninge te doen nie?
Moet nie voel dat jy jouself in ’n blik moet druk nie.
Jy kan die wenke gebruik op jou eie manier en tyd.
Wat wel belangrik is, is dat ons nie so moet lewe dat die lewe by ons verby-
gaan sonder om te dink oor die pad wat die Here saam met ons stap nie.
Dr. Mike Heaney
10