Page 15 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 15
Ons is nie meer verlore nie, maar gevind en kan tuiskom in God se
teenwoordigheid. Daarom vier ons fees, want ons harte loop oor van
seëninge! Dit is wonderlik om hierdie God te dien en Sy dissipels te
wees. Ons dien die Here daarom met ons hele hart, ons hele verstand en
al ons krag! Daarmee bedoel ons: ons gee alles vir die Here, want ons
vertrou op God!
Vertrou op die Here met jou hele hart –
op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie.
Ken Hom in al jou weë, en Hy sal jou paaie reguit maak.”
(Spreuke 3:5-6)
Groete,
Ds Lerisa Meyer & span.
KOOR
Om deel te wees van die NG Gemeente Margate se koor is ʼn voorreg
en ʼn bron van vreugde. Ons oefen met entoesiasme en dikwels snel die
uur te gou verby.
Dit is ʼn teleurstelling wanneer ons noodgedwonge ons weeklikse oefe-
ning moet kanselleer. Die kreatiewe proses van saam musiek maak is baie
bevredigend. Dit is ook baie goeie verstandelike stimulasie vir die brein om
ons onderskeie stempartye baas te raak.
Dit gaan egter nie oor ons nie, maar oor God, ons Skepper. Alle eer
aan Hom wat talente aan ons toevertrou. Dit is ʼn voorreg om Hom vryelik
te mag loof en tot stigting vir die gemeente te mag sing.
Ons is ook dankbaar vir ons bekwame en geduldige orrelis, Cobus Pie-
naar en koorleidster, Ada Brits, wat ons geduldig en soms met ʼn skoot hu-
mor reghelp en tot orde roep. Met herhaling bereik ons eindelik sukses en
na ʼn kooroptrede is ons verras en dankbaar vir positiewe terugvoer van ge-
meentelede.
ʼn Groot hoogtepunt vanjaar was die uitvoer van ons Jubeljaarlied, soos
gekomponeer deur Cecile Steyn. Ons hele gemeente sing dit
nou reeds met oorgawe saam.
Met my eerste kooroefening was die kerkdeur reeds gesluit.
Vasbeslote om ʼn koorlid te word het ek aan die venster geklop,
daar is oopgemaak en ek is hartlik verwelkom. Dankie koor-
maats!
As jy ook die Here wil kom loof met jou talente is jy baie welkom.
Daar is altyd plek vir nuwe koorlede.
Tilla Cadle — 083 225 4221
15