Page 18 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 18
Kierieklub
Die Kieries het hierdie kwartaal baie ondervindings beleef,
baie nostalgie, sowel as nuwe ervarings.
Die jaar het afgeskop met die verkiesing van ʼn nuwe bestuur.
Voorsitter: Giel Minnie, sekretaresse: Chrissie Minnie, tesourier: Jo-
han van Niekerk en addisionele lede: Heleen Terblanche, Arina Ros-
souw en Johan du Toit. Hierna is die halfjaar-beplanning gedoen en
lekker afgesluit met ʼn braai.
Die Kieries was baie aktief betrokke by die voorbereidings vir die
Jubeljaarfees. Dit het verskeie fondsinsamelingsprojekte ingesluit
soos die Moses vertoning. Die kerk se portaal en ingang, asook buite
is indrukwekkend versier met ʼn potplantprojek. Die gedenkmuurprojek
is met ʼn baie groot borg van Above All uitgevoer.
Die tweeweeklikse byeenkomste was soos gewoonlik vol vreugde.
Die orkes het ons lekker vermaak en ons kon heelwat liedjies saam-
sing. Die Kieries het nog nooit so lekker gelag soos met die spele-
tjiesoggend nie.
Jansie du Toit het klas kom gee en ruikers is deur mans sowel as
vroue gemaak. Dit moes takke, blare en blomme vanuit jou of jou
buurman se tuin wees. Hierdie ruikers was uitgestal in die kerk.
Hou so vol, Kieries!
Marie du Plooy en Lorina Hart
18