Page 19 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 19

Pro Deo
                                       Pro Deo Care Group
                                Ons kan opreg weer ons hande lig en sê:
                                             EER AAN GOD!
                              Al die vrywilligers by Pro Deo het baie hard ge-
                            werk om ons eerste Business Breakfast ʼn reuse
      sukses  te  maak.  Die  baie  bekende  hoof  ekonoom  van  die  Efficient
      Group en aanbieder vir 21 jaar by Ontbyt Sake, mnr. Dawie Roodt,
      was ons gasspreker.
         Wat ʼn uitsonderlike geleentheid om al die plaaslike besighede en
      belangstellende  persone  te  kon  verwelkom  by  die  pragtige  San  La-
      meer. Dit was ʼn oggend wat nog lank onthou sal word hier in ons om-
      gewing.
         Ons volgende groot fondsinsameling is die Pro Deo Gholfdag ein-
      de Julie. As u belangstel om deel te neem of te help, kan u ons gerus
      kontak.
         By ons maandelikse bederfklinieke, groei ons besoekergetalle nog
      steeds. Die vier gesondheidsklinieke is by Port Edward (Henda Olivier
      – 082 777 6502), Margate (Lucia Groenewald – 082 753 5330), Aner-
      ley  Haven  Frail  Care  Sentrum  (Eloïse  –  082 329  5087)    en  Eloïse
      doen ook die Port Shepstone kliniek. Alle persone bo sestig jaar word
      hartlik uitgenooi vir ʼn  heerlike bederfoggend elke eerste Donderdag
      van die maand, saam met al ons Pro Deovrywilligers.  Enige persoon
      wat sy of haar hulp en tyd by die gesondheidsklinieke wil aanbied, sal
      opreg waardeer word.
         Ons is steeds besig om diens te doen by die kankerkliniek  en be-
      nodig gebreide kombersies en ʼn bordjie eetgoed.  Kontak asseblief vir
      Mary-Ann (083 766 6018) indien u kan help.
         Daar is regtig ʼn groot behoefte aan sosiale besoeke by ons ouer
      mense.  Ons het vrywilligers nodig om ʼn tydjie te spandeer om by ie-
      mand in te loer en net te gesels. Hulle waardeer dit so baie om net ʼn
      besoek van iemand te kry. Indien u weet van ʼn persoon wat ʼn omgee-
      kuier benodig, kontak asseblief vir Henda Olivier.
         Besoek ons gerus op die sosiale forums en deel in al ons positiewe
      aktiwiteite op ons webwerf, www.prodeocare.org.za en ons Facebook
      blad, “Pro Deo Care Group”.

                            Vriendelike Pro Deo-groete,
                        Koos Groenewald  -  082 570 2014
                                          19
   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24