Page 20 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 20
Ons groet
Dr Mike & Jennie Heaney
Liewe Mike en Jennie,
Ons wil graag vir julle God se seën toebid op hierdie nuwe fase van
julle lewens. Baie dankie dat ons kon saamwerk in die gemeente.
Dit was ʼn voorreg om kollegas en vriende te wees. Baie dankie vir
al die tyd en harde werk wat julle hier ingesit het. Ons weet dat julle
oorvloedig gesaai het en vertrou daarom dat julle nou ook oorvloe-
dig sal oes. Ons dra julle en julle kinders en kleinkinders aan die
Here op. Mag God se seën op julle rus vir nou en tot in alle ewig-
heid.
Groete,
Lerisa & Handré
Ons groet ʼn pastoriepaar
Sommer van dag een af, 1 Desember 2006, het dr. Mike en Jennie
diep spore in die familie van NG Gemeente Margate geloop.
Nou, na bykans 18 jaar, breek die hartseer tyd van groet aan.
Dr. Mike, jy het jou op alle terreine onderskei om ʼn ware meele-
wende gemeente te help opbou.
ssi
a
e
u
vir getuienisdiens het die gemeente in-
Jo
p
spireer tot ondersteuning van die VGK in Gama-
lakhe, die Malutsi’s en Lusikisiki tot die bedie-
ning van die Woord in die verre Angola en
Nepal.
As mense-mens het daaglikse huis- en
siekebesoek vir jou natuurlik gekom. Dit
was dikwels na hospitale of ʼn gebed oor
die telefoon wanneer jy nie dadelik be-
soek kon aflê nie. Dit het baie mense ver-
troos en versterk. Jy laat ook ʼn leemte by
die seniors by Margate Aftree-oord met
weeklikse Bybelstudies en besoeke.
Sondae se waardevolle boodskappe en jou
humor op die kansel sal ons bybly. So ook
jou Bybelstudies op WhatsApp.
20