Page 14 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 14

NG Margate families

               (Kinders, Tieners, Jong mense, Werkende mense & Ouers)
                 Ek en my huis, ons sal die Here dien!

                 Luister en kom na My toe, luister sodat julle kan lewe.
         Ja, Ek wil 'n verbond maak met julle, 'n verbond wat vir altyd sal wees.
              Ek wil aanhou lief wees vir julle soos Ek lief was vir Dawid.”

                                  (Jesaja 55:3, ABA)




















      Tydens hierdie feestelike jaar het ons nagedink oor wat dit beteken om
      die Here te eer. Wanneer ons juig tot die Here met dankbaarheid, word
      ons ook nou daaraan herinner dat ons fondasie gebou is op ons ewige
      Rots. Julle ken mos daai liedjie – “die wyse man bou sy huis op die rots”.
      Ons wil hierdie kwartaal leer wat dit beteken om ons huis te bou op die
      Rots. Ons huis, ons lewens en ons harte, moet gefokus wees op God,
      want waar ons skat is, daar is ons hart ook. Dit beteken dat dit waarop
      ons fokus, in ons lewens gereflekteer word. Ons gaan hierdie kwartaal
      leer oor wat dit beteken om gefokus te wees op God.
         Ons weet immers dat ons lewens gebou is op die stewige en stand-
      vastige fondasie van God se liefde en genade. Dit maak ons sterk, want
      ons kan staande bly tydens die storms van die lewe omdat God ons krag
      gee. Daarom kan ons God, ons Herder, volg, want God lei ons met waar-
      heid en wysheid. Ons fokus ons lewens dus op die voorbeeld wat Jesus
      vir ons stel. Ons leer hoe om onsself en mekaar te vergewe, want dit
      bring genesing en herstel vir ons verhoudings. Dit is vir ons belangrik om-
      dat verhoudings vir God belangrik is. Deur ons verhouding met God, is
      ons gered.
                                          14
   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19