Page 13 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 13
Port Edwardgroep
Met die herfs wat aangebreek het, is dit vir ons almal ʼn nuwe seisoen
met nuwe uitdagings. In April het ons ʼn demonstrasie gehad van
“Mud cloth”. Dis ʼn antieke Afrika kunsvorm waar daar op materiaal
geverf is. Ons het met JIK op 100% swart katoen geverf. Die dames
het dit vreeslik geniet en pragtige lopers is gemaak.
Ons Padkafee funksie was op 26 April en almal het heerlik gekuier
en die opkoms is steeds besig om te groei.
Meimaand het ons ʼn demonstrasie oor “String Art”. Ons hou ook
weer nog ʼn Padkafee, so hou die advertensieborde dop.
Esther Steyn — Voorsitter — 082 325 1799
Middaggroep
Die Middaggroep se dames is ʼn besige klomp bytjies en het al heel-
wat gewoeker hierdie jaar.
Lorina Hart is herkies as voorsitter, Helene Terblanche as onder-
voorsitter en Jansie du Toit as sekretaresse.
Die middaggroep was verantwoordelik vir die aanbieding van die
Gatsby-dag. Die konstruksiewerk by die kerksaal was nog nie heelte-
mal voltooi nie. Dit het ons nie afgeskrik om die saal op te tower in ʼn
atmosfeer van die twintigerjare nie. Elke gasvrou het haar tafel prag-
tig versier en baie dames het besonder moeite gedoen om aan te trek
volgens die tema, baie dankie daarvoor. Dit was nie ons fondsinsa-
melingsprojek nie, wel die jaarlikse gesamentlike byeenkoms vir alle
dames. Dankie aan Joanie en ds. Lerisa wat uitgehelp het as gas-
vrouens. Dit was baie spesiaal en almal het vet pret gehad.
Ons voedselprojek by Laerskool Suid-Natal, met Annemie aan die
stuur, is nog steeds goed op dreef. Vir die derde kwartaal beoog ons
ʼn kombersuitloot-projek om daarmee fondse in te samel sodat ons vir
die kospakkiekinders skryfbehoeftes kan aankoop.
Ons rig graag ʼn uitnodiging aan alle dames wat elke 2de maand op
ʼn Donderdagmiddag saam met ons wil tee drink en betrokke raak by
ons aktiwiteite.
Lorina en Helene.
Lorina Hart — Voorsitter — 083 412 1464
13