Page 12 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 12

VROUEDIENS

          Die Algemene Vrouediens hou jaarliks ʼn gesellige saamkuier in
      Februarie, maar hierdie jaar, op 25 Mei, het 70 vroue, getooi in Gatsy
      -uitrustings, aangesit by pragtige gedekte tafels in ‘n ewe pragtig ver-
      sierde kerksaal. Ons is trakteer op ʼn interessante Gatsby-program en
      het gesmul aan smaaklike vingerhappies terwyl ons gesellig saam
      gekuier het.
         Op Sondag, 5 Mei, het al die voorsitters van kommissies namens
      die gemeente alle nuwe intrekkers van die afgelope ses maande, wel-
      kom geheet. Die Vrouediens het gesorg vir tee en verversings.
         Op Sondag, 19 Mei, het die gemeente ds. Lerisa se verjaarsdag
      saam met haar gevier. Die Vrouediens het die verversings en tee in
      die kerksaal voorsien en bedien.
         Die Vrouediensbestuur beplan ʼn Draai en Waai vir Vrydag, 9 Au-
      gustus. Die datum is doelbewus gekies: Vrouedag – ʼn publieke
      vakansiedag. Wegneemetes: boereworsrolle,
      kerrie en rys, asook malvapoeding met
      vla, sal vooraf bestel kan word en
      dan op 9 Augustus afgehaal word. Bederf
      julleself deur ons fondsinsamelingsgeleent-
      heid te ondersteun.
                         Seënwense.
          Vrouediensvoorsitter: Annemie Oosthuysen


                                  Oggendgroep
      Ons tema hierdie tydperk is: Dank God vir sy genade. Ons ken almal
      die liedjie: “Tel jou seëninge, tel hul een vir een.” maar so dikwels tel
      ons nie ons seëninge nie.
         Hier by die Vrouediens beklemtoon ons die feit dat God ons seën
      met sy liefde. Hy seën ons met lewe, familie, vriendinne en gesond-
      heid.
         Ons Oggendgroep gaan hierdie jaar gebruik om ons liefdadigheid
      projek te doen en sodoende iemand anders te seën met ons omgee
      en liefde.
               Kom ons leef met dankbaarheid vir al ons seëninge.

                     Susan Grobler  —  Voorsitter  —  082 419 3363


                                          12
   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17