Page 11 - C:\Users\ELDA\AppData\Local\Temp\mso34C3.tmp
P. 11

DIENSGROEPE & BEDIENINGE






                  Gebedsbediening


                 Die Volk het vir Josua gesê:
               “Ons sal die Here ons God dien,
                   ons sal na Hom luister.”
                          Josua 24:24

        Ons as kinders van die Here dien die Here op verskeie maniere.
        Kom ons dien Hom ook deur getrou te bid en met Hom te kommuni-
        keer. Of ons nou siek of gesond is, ryk of arm, jonk of oud, ons het
        God elke dag nodig. Ons moet mekaar se laste dra ook deur ons
        gebede vir mekaar. As ons vir Jesus voluit wil dien, moet ons die
        voorbeeld van Jesus volg. Hy het Homself gereeld afgesonder om
        te bid. Maak ons genoeg tyd om stil te word, die Here se wil te soek
        en in te tree vir almal wat ons gebede so nodig het?

                  Inligting oor gebedsgroepe in ons gemeente.

               Elke gemeentelid wat gelei voel deur die Heilige Gees
                   om deel te wees van ʼn whatsapp gebedsgroep
                          kan die volgende persone skakel:
                   Margate:       Diedie Schoeman 082 362 2936
                   PE Kampus:   Suzette Simpson 083 686 5451
                   Enige gebedsversoeke word vertroulik hanteer.
                            Terugvoering word waardeer.

                                   Gees van die Here,
                            wat die Vader se hart en myne ken,
                            bid asseblief vandag weer vir my.
                                         Amen

                         Suzette Simpson   —   083 686 5451





                                          11
   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16