Page 35 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 35
LEEF VIR CHRISTUS... MET HOOP!
Aan die begin van Mei was dit ʼn jaar sedert die konstruksieramp op 6
Mei 2024 in George plaasgevind het: 6000 ton beton het op 62
mense afgekom: 34 is dood, daar was 28 mense wat steeds vasge-
keer was binne die rommel. Vir 11 dae het reddingswerkers onver-
poosd gewerk om hulle te bevry.
Onlangs, met die herdenking van die gebeurtenis, het twee persone
wat in die ramp betrokke was, presies dieselfde antwoord gegee op
die vraag: Wát het jou gedryf om aan te hou? Een ʼn reddingswerker
wat net eenvoudig áángehou grawe het, die ander ʼn oorlewende wat
ses dae lank onder die rommel vasgekeer was: “Dit was... HOOP!”
Paulus skryf in 1 Kor 13: “En nou bly geloof, hoop en liefde. Hierdie
drie...” Ons aandag is natuurlik altyd op die liefde. Maar hy skryf in
die hoofstuk ook oor die hoop, as hy sê: “Nou kyk ons nog in ʼn
dowwe spieël,... maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is...”
Ons hoop, ons vertroue, verwagting is op daardie “eendag” wat ons
ten volle sal ken, en alles sien soos dit werklik is.
Ons leef dus vir Christus met hierdie hoop. Ja, die liefde van
Christus dríng ons, (2 Kor. 5:14a), dis ons motivering. Maar die hoop
is ons verwágting. Daarom kan ons alle uitdagings die hoof bied, alle
swaarkry oorkom. Dit is die wenpaal waarby ons aankom aan die
einde van ‘n Comrades.
In Rom 12 gee Paulus vir ons sekere riglyne vir die Christelike lewe.
Één van daardie riglyne is: “Verbly julle in die hoop...” Omdat ons
weet wat vir ons wag, eendag, kan ons ons verbly! Dis so ʼn onbe-
skryflike heerlikheid soos wat geen oog gesien het, geen oor gehoor
het en wat so ongekend wonderlik is dat dit nie in enige mens se hart
opgekom het nie!
Ds. Abrie van Wyk
Lied 284:2
35