Page 31 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 31

DESTYDS EN VANDAG


                               Lees Hebreërs 3:7-19

                     Maar solank daar nog ʼn “vandag” is, moet
                       Julle mekaar elke dag aanspoor (v 13)

      Die skrywer haal die Psalmboek aan uit een van daardie liedere wat
      na die woestyntrekkers se skynbaar nimmereindigende beswaardheid
      verwys.
        Psalm 95 is ʼn aanbiddingslied, maar dit kom met ʼn waarskuwing:
      Moenie hardkoppig wees soos destyds nie; moenie jul voorvaders se
      bedenklike voorbeeld volg nie.
       Die Hebreërskrywer diep dié waarskuwing op en maak dit net so
      van toepassing op ʼn nuwe geslag Jode, die wat aan Christus deel
      gekry het. Die skrywer sê “destyds” is gelukkig verlede tyd; wat saak
      maak, is vandag.
       Nee, julle is regtig nie die gevangenes van jul verlede nie; julle leef
      in ʼn nuwe werklikheid. Maak nou die beste gebruik daarvan.
       Gelukkig het julle ook mekaar. Julle het susters en broers wat julle
      aan destyds kan herinner en wat julle vandag kan aanspoor.
      Volharding is oneindig moeilik sonder die wat jou geskiedenis deel en
      saam met jou na ʼn blinknuwe toekoms uitsien.
       Onthou egter ook dat daar mense is, jul eie mense, wat ontevrede
      is, bitter, onvergenoegd en wat julle op daardie paadjie wil saam-
      sleep.
       En onthou Jesus, wat julle vrygemaak het van destyds se kettings.
      Hy, onse Here, wat vandag ʼn nuwe begin maak. ʼn Volgende
      hoopgewende skof op ons reis na die beloofde land.

               Dankie, Here, dat die Woord en prediking, U goedheid
          en U mense se gasvryheid my gereeld daaraan herinner dat die
        Heiland vir my gebore is. Dankie vir die vreugde van elke dag, van
      die helder boodskap van u liefde, vir die warmte van u omarming. En
                           die hoop op ʼn mooi toekoms.
                                       Amen.
      Barend Vos
      100 Jaar Uit die Beek 2025
      Lux Verbi

                                          31
   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36