Page 28 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 28

VOLHARDING: DIE SEISOENE VAN ONS LEWE

      Vandag sit ek en kyk hoe die herfsblare val en die bome skielik kaal
      word soos winter al nader begin stap en die aarde begin rus voor dit
      weer regmaak vir lente. Ek dink aan die seisoene in ons lewens en
      hoe my jaar verlede jaar soos ʼn ewige herfs en winter gevoel het.
      Maar tans is my lewe in ʼn baie onbekende seisoen. Die velde blom
      en die voëls sing. Dit voel soos ʼn jaar van somer en lente.
         Wat is die geheim vir ons as gelowiges om met volharding en oor-
      gawe deur die verskillende seisoene van ons lewens te stap?
      Johannes sê vir ons in Joh 15:  “Ek is die ware wingerdstok en my
      Vader is die boer. Julle moet in My bly en Ek in julle. ʼn Loot kan nie
      uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle
      ook nie as julle nie in My bly nie...  Wie in my bly en Ek in hom, dra
      baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.” Dit tref my: die
      sleutel na volharding en vrugdra deur elke seisoen, is om aan die
      wingerdstok geanker te bly. Solank ons in die Here geanker bly, kan
      ons met vreugde, vrede en oorgawe deur elke seisoen stap. Ons kan
      rus in die wete dat as ons naby aan Hom lewe, sal ons sy stem hoor
      en niks kortkom in elke seisoen waardeur ons stap nie.
      Hillsong sing in hulle liedjie Seasons:

            “I know that the winter is long even richer
            The harvest it brings
            Though my waiting prolongs even greater
            Your promise for me like a seed
            I believe that my season will come.”

         As jy voel dat jy in ʼn seisoen van ewige winter is, hou styf vas aan
      die Wingerdstok. Mag jy in oorgawe vertrou dat die Here nie net vir
      jou genoeg sal voorsien in elke seisoen nie, maar oorgenoeg om met
      volharding en vreugde deur elke seisoen te stap. In Psalm 1 staan
      daar dat mens gelukkig is as jy vreugde in die Here se gebooie vind.
      Jy is soos ʼn boom geplant langs waterstrome, die blare verwelk nie,
      dit dra vrugte op die regte tyd en is voorspoedig in alles wat hy doen.

       Mag jy nie net bloot deur elke seisoen van jou lewe stap nie, maar
      mag jy huppel van vreugde.

      Chrizaan
                                          28
   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33