Page 29 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 29

Ses maande is verby, Here.
                       Ek dank U vir alles wat ek kon bereik,
                              vir alles wat ek kon doen.
                    Ek dank U dat ek ook in hierdie ses maande
                        goed kon doen aan my medemens.
                           Ek dank U dat ek U kon liefhê
                           en dat U my ook liefgehad het.
                      Ek wil U vra om die laaste ses maande
                     van hierdie jaar ook vir my sinvol te maak.
                         Gee my die insig om elke situasie
                                   te kan hanteer.

                       Bewaar my van hoogmoed en eersug.
                            Hou my ʼn eg nederige mens
                           sonder aangeplakte vroomheid
                                  en skynheiligheid.
                          Laat u werk nie deur my toedoen
                                    skade ly nie.
                    Laat ek vir niemand ʼn struikelblok wees nie.
                                Hou my naby aan U.

                                        Amen

          Ferdinand Deist
          Met God vandag
          LUX VERBI.BM




                                          29
   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34