Page 34 - Korrels Winter uitgawe 3-2025
P. 34

CHRISTENE SÊ JA VIR HOOP, OPTIMISME
                              EN BLYMOEDIGHEID!

                               Lees Habakuk 3:17-19
                       Verbly julle in die hoop... (Rom. 12:12)
      Het jy al na mense se huidige gesprekke geluister? Die hooftema
      daarvan is hoe bitter, bitter sleg dit met ons almal sou gaan. Die toon
      van ons gesprekke is die van moedeloosheid en hooploosheid.
       Intussen glo ons in die God van hoop (Rom. 16:13) Hoe verklaar ʼn
      mens dan die hooploosheid van gelowiges? Die antwoord: Hulle glo
      teoreties, maar laat hulle stemming en gesprekke deur hulle omstan-
      dighede bepaal.
       Dit is iets wat ʼn mens pertinent moet ontdek. Ek moes ook, en ek is
      verskriklik dankbaar dat ek dit wel ontdek het. Ek het dus ook maar uit
      die omstandighede geleef.  Om die wonderlike vers van Habakuk (in
      omgekeerde sin!) te gebruik: ek jubel wel in die Here in die kerk op ʼn
      Sondag, maar nou bloei die vyeboom ongelukkig nie, en die wingerd
      het verdroog, net soos die olyf- en ander oeste, en ons kudde gaan
      drasties verminder. Nou is dit tog “vanselfsprekend” dat ek depressief
      en verlate sal voel, geen hoop meer het nie. Want, God is nou wel
      daar, maar wat van al die ander feitelike omstandighede?

       Nee! Dit is nie waar nie. God is groter as die omstandighede - en
      geloof en hoop beteken dat ek nie van die omstandighede af na God
      kyk nie, maar van God af na die omstandighede.
       Die ander kant van die saak is dat ons allermins nou die bitter
      omstandighede van Habakuk 3 beleef, maar omdat dit nou slegter as
      vroeër gaan, besluit ons sommer dat dit nou eintlik nie die moeite
      werd is om verder te leef nie... Dit is noodsaaklik om dit in ons lewe te
      besef (en waar te maak): dat geloof en hoop en liefde ʼn goddelike
      termometer het: dit ontwikkel nie ʼn koers sodra die omstandighede
      moeilik word nie. Nee, dit bly konstant rekening hou!

       Dit is daarom dat Johannes Huss letterlik bo-op die brandstapel die
      lof van die Here besing het, dit wil sê gejubel het, totdat die vuur sy
      asem en stem uitgebrand het.
         Here, maar ek glo mos werklik. Daarom wil ek nou glo (en hoop)
                 selfs ook as ek na hopelose omstandighede kyk.
      Murray Janson - Sê ja vir die Lewe. Aktuapers, 1996

                                          34
   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39