As ons dink aan Bybelstudies oor die jare, dink ek so aan die woorde van Jesus toe Marta Hom gevra het om Maria, wat by Sy voete gesit het, te vra om haar met die bediening van die kos te help. Jesus het haar geantwoord het: “Maria het die beste deel gekies en dit sal nie van haar weggeneem word nie.” (Luk.10:42)
So het lidmate van Margate gemeente ook gekies om oor die jare met “die beste” besig te wees om hulle met die kennis van die Woord op te bou. Van die begin van die gemeente het Bybelstudie groepe spontaan ontstaan. Lidmate het die behoefte gehad om geestelik te groei in hulle kennis van die Woord en het in verskillende groepe bymekaargekom. In huise was aanvanklik die plekke waar hulle bymekaargekom het. Later is ook die saal, konsistorie en jeugsentrum gebruik. Baie van die groepe was in verskillende areas. So is gepraat van groepe in Shelly Beach, Uvongo, Margate, Ramsgate, Munster, Port Edward en die Village. Van hierdie groepe het ook Bybelname gekry soos: Manna -, Amandel -, Tabita -, Maranata -, Maria -, Elim- en die Agapé groep en nog ander wat nie die name gehad het nie. Die groepe was in die begin meestal vroue, maar al hoe meer het die mans ingeskakel en het van hulle ook as pare die Bybelstudies bygewoon.
Baie van die Leraars het self ook Bybelstudie groepe gehad wat hulle gelei het. Soos tans ook die geval is. Hulle was en is altyd ondersteunend vir al die groepe en altyd beskikbaar vir leiding.
Oor die jare getuig lidmate van hoe hulle geestelik by die groepe gegroei het. So word Jesus se woorde bevestig dat dit die beste keuse is om by Hom te leer.
Dankie aan die Here vir 50 jaar se Bybelstudie in Margate gemeente.